Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Banke, skole sluit in KZN se stormweer

Banke en skole in KwaZulu-Natal is Donderdag weens stormweer gesluit net voordat nog ’n tornado, met die kenmerkende wolkslurp, die provinsie getref het.

Jan Vermeulen, ’n weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD), het bevestig dat ’n tornado Bergville in die KwaZulu-Natalse binneland getref het.

iThunyeliwe Ndlovu (63) het haar huis in eMpolweni én haar seun verloor toe ’n muur op hom ingeval het. Foto: Moeketsi Mamane/The Witness

In die res van die provinsie is leerlinge weens die stormweer vroeg huis toe gestuur. Matrikulante het egter steeds hul tweede ekonomie-vraestel afgelê en is onmiddellik daarna huis toe gestuur.

“Ons het skole in die provinsie gevra om interne eksamens te herskeduleer, maar die nasionale matriekeksamen moes voortgaan. Ons monitor die weer en sal dan ’n ingeligte besluit neem oor skoolbywoning vir die res van die week,” het Muzi Mahlambi, ’n woordvoerder van die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement, gesê.

Die meeste takke van Standard Bank is Donderdag weens die swaar weer gesluit. Die bank het op sy Twitter-blad gesê dit is terwille van die veiligheid van sy kliënte en personeel gedoen.

Talle inwoners is dakloos weens die stormweer. Foto: Moeketsi Mamane/The Witness

Ntandoyenkosi Dlamini, ’n joernalis van Pietermaritzburg, het aan Netwerk24 gesê haar kantoor het om 12:00 gesluit nadat die SAWD gewaarsku het oor swaar donder- en windstorms en reën wat tot vloede kan lei.

Drie mense is sedert Maandag dood en meer as 20 beseer. Infrastruktuur het ook deurgeloop.

Vier mense het Woensdag ternouernood aan die dood ontkom toe vloedwater ’n minibustaxi in Camps Drift, Pietermaritzburg, meegesleur het. ’n Video van die voorval wys hoe die taxi op ’n laagwaterbrug stilstaan voordat die water dit meesleur.

Families maak besittings bymekaar in sakke nadat die stormweer hul huise beskadig het. Foto: Kaveel Singh/News24

Die ambulansdiens ER24 sê twee mans kon uitspring, terwyl ’n man en vrou saam met die taxi meegesleur is. Hulle is gered en is saam met die twee mans na hospitale geneem.

  • Op Twitter het omgee-boodskappe vir KwaZulu-Natal onder die hutsmerk #KZNstorm ingestroom. “Ek bid vir my familie en vriende in KwaZulu-Natal,” skryf een gebruiker.
  • Nog een skryf: “Bid asseblief vir ons hier in KZN. Ons gaan slaap en word wakker met die verwagting dat enigiets kan gebeur. Soveel skade is reeds aangerig.”
  • Nog iemand skryf: “Ek dink aan almal in KZN. Ek bid vir veiligheid in hierdie moeilike tyd.” 

Die SAWD voorspel reën en donderbuie vir die res van die week in die provinsie.

’n Skermgreep van die tornado op Bergville.Foto: Kaveel Singh/Twitter
Huise het inmekaargestort. Foto: Kaveel Singh/News24
Meer oor:  Kwazulu-Natal (Kzn)  |  Stormweer  |  Tornado
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.