Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Berge toe onder sneeu, nog verwag
Voertuie en ’n trekker is toe onder sneeu op die gasteplaas Rogge Cloof buite Sutherland.Foto: Rogge Cloof

Dit het Saterdag oor groot dele van die land gesneeu met veral swaar neerslae in die berge van die Oos- en Wes-Kaap.

Nog sneeu word Sondagoggend oor dele van die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Lesotho verwag met stormsterkwinde wat langs die Ooskus kan voorkom.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ook gewaarsku dat erge donderstorms Sondag vir Polokwane voorspel word. Dit behoort geleidelik in ’n suidoostelike rigting oor Limpopo te beweeg met hael, swaar reën en winde wat skade kan veroorsaak.

Stormsterk suidwestewinde van 70 km/h tot 80 km/h word tussen Oos-Londen en Maputo aan die Ooskus verwag en behoort teen die oggend matiger in die weste te word.

Die sneeu het Saterdag dik gelê op die gasteplaas Rogge Cloof buite Sutherland in die Noord-Kaap. Foto: Rogge Cloof

In die Oos-Kaap is die Lootsbergpas op die N9 tussen Middelburg en Graaff-Reinet en die Wapadsbergpas op die R61 tussen Cradock en Graaff-Reinet al Saterdagoggend gesluit weens “ontwrigtende sneeuval en die gladde toestande van die pad”, volgens die provinsiale departement van vervoer.

Volgens die weerwebwerf Snow Report SA word sneeu nog Saterdagaand in die omgewing van Hogsback in die Oos-Kaap verwag, met swaarder sneeuval oor die Drakensberge wat nog tot vroeg Sondagoggend kan voortduur.

Sneeu in die Drakensberg-gebied in KwaZulu-Natal behoort op te klaar wanneer die son opkom.

In Lesotho word sneeu oor grootste deel van die land verwag, met die swaarste neerslae in die ooste. Dit kan tot die middag duur.

Yepa, ’n labrador, staan in die sneeu in die Matroosberg-reservaat naby Ceres.Foto: Matroosberg Reservaat


Meer oor:  Sneeu  |  Weer In Jou Streek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.