Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Beroep op wêreldleiers: 'Staak die uitwissing'

Die Humane Society Internation-al (HSI) doen ’n beroep op wêreldleiers om op die konvensie oor die internasionale handel in bedreigde spesies (Cites) se beraad, wat die naweek begin, daadwerklik op te tree teen die uitwissing wat bedreigde plante en diere in die gesig staar.

Sowel die HSI as die HSI in Amerika, wat saam die grootste bewaringsorganisasie ter wêreld is, vra Cites om die “regte besluite” oor die toekoms van alle bedreigde plant- en dierspesies te neem.

Die HSI het ’n verklaring uitgereik aan die vooraand van die Cites-beraad, wat Saterdag in Genève, Switserland, begin en waar besluite oor die handel, al dan nie, in 251 dierspesies en verskeie plantspesies geneem sal word.

Die 18de Cites-beraad oor die handel in bedreigde fauna en flora duur tot Woensdag 28 Augustus.

Met verwysing na Science and Policy for People and Nature (Ipbes) se verslag wat in Mei uitgereik is, sê die HSI die afname in biodiversiteit is ongeëwenaard en uitwissing staar minstens 1 miljoen spesies in die gesig”.

Die HSI stem saam met Ipbes se bevinding dat die uitwissing van spesies te wyte is aan die mens se uitbuiting van veral wild.

Die HSI vra wêreldleiers om nie onder die druk te swig van diegene wat gevestigde belange in die uitbuiting van wild het nie.

Jeffrey Flocken, die HSI se president, sê terwyl Ipbes waarsku dat minstens 1 miljoen van die wêreld se nagenoeg 8 miljoen spesies op die rand van uitwissing huiwer, is die tyd verby dat beleidmakers bang is om daadwerklike besluite te neem omdat hulle huiwerig is om op tone te trap. Die wêreldgemeenskap het nóú, voordat dit te laat is, daadwerklike optrede nodig, sê hy.

“Niemand het juweliersware van ivoor, ’n leeutrofee of ’n kussing van kameelperdvel nodig nie. Niemand hoef ook haaivinsop te eet nie.

“Wat ons wel nodig het, is dat dié spesies oorleef. Hul oorlewing is noodsaaklik vir die welsyn van die planeet.”

Flocken wys daarop dat handelsbesluite oor 251 wildspesies, waaronder die Afrika-olifant, die kameelperd en die suidelike witrenoster, asook verskeie haai-, vis-, en seeskilpadspesies, geneem sal word.

Kameelperdbevolkings krimp erg 

  • Dit is die eerste keer in Cites se geskiedenis dat die status van Afrika se kameelperde ook bepaal sal word. Kameelperdbevolkings in Afrika het die afgelope 30 jaar met tot 40% gekrimp. Hulle word bedreig deur ’n verlies aan habitat, stroping en ongereguleerde handel. Van 2006 tot 2015 het Amerika 40 000 liggaamsdele van kameelperde van Afrika ingevoer. Hieronder is 21 402 gekerfde beendere, 3 744 trofeë, 3 008 stukkies vel en 825 stukke juweliersware wat van die een of ander liggaamsdeel van kameelperde gemaak is.
  • Tien Afrikalande, waaronder Burkina Faso, die Ivoorkus, Gaboen en Kenia, wil toesien dat die Afrika- olifant die hoogste beskerming het en dat handel geensins in lewende diere of hul liggaamsdele gedryf word nie. Dit beteken dié lande beywer hulle daarvoor dat die Afrika-olifant op aanhangsel 1 aangedui word. Suid-Afrika se olifante is aangedui op aanhang-sel 2, wat beteken dié land mag in lewende olifante handel dryf.   Israel wil toesien dat die handel in die ivoor van die uitgestorwe mammoet verbied word. Daar is glo ’n opbloei in die handel in dié uitgestorwe diere se ivoor. In teenstelling daarmee het Botswana, Namibië en Zimbabwe aangedui hulle wil handel dryf in die opgepotte ivoor wat in die regerings se stoorkamers bewaar word.Zambië wil handel dryf in sy oli- fante en wil dus toesien dat dié diere wat in die land voorkom op aanhangsel 2 van Cites aangedui word.
  • Namibië, wat ’n baie swak geskiedenis het wat betref wetstoepassing teen stroping, wil Cites daarvan oortuig dat dit onnodig is om die suidelike witrenoster so te beskerm dat hy nie in hulle kan handel dryf nie.    
  • Eswatini (voorheen Swaziland) het aangedui hy wil handel dryf in die horings van die 66 suidelike witrenosters wat in dié land voorkom. Die HSI sê hy gaan sy stem dik maak teen dié voorstelle van Namibië en Eswatini omdat die suidelike witrenoster bedreig is. Net sowat 20 000 van dié diere is in Afrika oor. Die afgelope 11 jaar is meer as 7 900 suidelike witrenosters oor Afrika heen gestroop. 
  •  Die HSI gaan ook die kommersiële handel en teel van halfmak leeus, waarvan daar sowat 12 000 in Suid-Afrika is en in gevangenskap geteel word, teenstaan.) Die HSI gaan ook daarvoor sorg dat die verkoop van walvisvleis, veral dié van die seiwalvis (Balaenoptera borealis), wat op Cites se aanhangsel 1 verskyn en dus die hoogste beskerming het, op die Cites-beraad bespreek word. Die HSI wys daarop dat Japan die afgelope 16 jaar meer as 1 500 van hierdie walvisse gevang en hul vleis in Japan verkoop het.   Die HSI gaan daarop aandring dat Japan al die vleis vernietig van seiwalvisse wat tans in sy koelkamers geberg word. 
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.