Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Bespaar water in droë winter

Die departement van water en sanitasie doen ’n beroep op veral Suid-Afrikaners in die binneland om water gedurende die droë wintermaande te bespaar en só waterbeperkings te voorkom.

Luidens ’n mediaverklaring wat die departement uitgereik het, behoort die altesame 23 617 kubieke meter water in reservoirs landwyd genoeg te wees vir die winter, mits dit spaarsamig gebruik word. Damme landwyd is gemiddeld 73,1% vol. Dis 6% minder as die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Gauteng se damvlakke is die hoogste op 95,4%, gevolg deur die Vrystaat en Noord-Kaap op onderskeidelik 88,3% en 74,3%. Mpumalanga se damme is 72,8% vol. Damme in Noordwes is 65,7% vol. Noordwes is egter die enigste provinsie met vier damme wat heeltemal vol is – Roodekopjes (100,8%), Klipvoor (100,4%), Klipdrift (100,4%) en Elandskuil (101,8%).

In Limpopo is die Hans Merensky-, Tonteldoos- en Magoebaskloofdamvlakke bestendig, maar die Middel-Letaba-dam in dié provinsie is die leegste op 6,3%. Ondanks swaar reën en vloede verlede maand in dele van KwaZulu-Natal, is die Spioenkopdam in dié provinsie die enigste wat 100% vol is.

Meer oor:  Besparing  |  Water  |  Winter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.