Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Bestaansvissers win regsadvies in, vra ondersoek

Suid-Kaapse bestaansvissers gaan regsadvies inwin en die presidensie vra om die departement van landbou, bosbou en visserye (DAFF) se beoogde veranderings aan visvangregte te ondersoek.

’n Wilde oesterFoto: Pixabay

Die doel met die beoogde plan is om hulpbronne in die tradisionele lyn- en inkvis-sektore te verdeel, en om witmossel, oesters en stokvis-handlyn-visvang as kleinskaal-visvang-spesies te klassifiseer.

In die kennisgewing wat die DAFF op 13 Mei in die Staatskoerant gepubliseer het, sê Senzeni Zokwana, die minister van landbou, bosbou en visserye, is by magte om toelaatbare vangste vas te stel.

Luidens die kennisgewing word ingevolge die verdeling tussen kommersiële en klein-skaal-visvang-sektore voorgestel dat witmossel, oesters en stokvis (handlyn-visvang) as kleinskaal-visvang-spesies geklassifiseer word. Geen kommersiële visvangregte in die drie sektore sal vir 2020 (visvangregte-toewysingsproses) toegeken word nie.

Die vang van inkvis sal tussen kommersiële en kleinskaal-visvang-sektore (75% kommersieel en 25% kleinskaal) verdeel word.

Die huidige individuele kommersiële-reg-houers in die sektore vir witmossel, stokvis-handlyn en tradisionele lynvis kan verklaar word tot lede van die kleinskaal-visseryekoöperasies ingevolge regulasies oor kleinskaalvisserye wat in 2016 in die Staatskoerant gepubliseer is. Alternatiewelik kan die huidige individuele kommersiële-reg-houers as ’n kleinskaal-visserye-koöperasie geregistreer word, wat sodanig deur die minister verklaar sal word wanneer die registrasieproses in die nabye toekoms begin.

Die huidige kommersiële-reg-houers sal toegelaat word om tot 31 Desember 2020 met bedrywighede voort te gaan wanneer hul regte verval.

Die voorgestelde verdeling en klassifisering sal op 1 Januarie 2021 in werking tree.

Bestaansvissers in Mosselbaai, wat wilde oesters uithaal, sê die toegelate permitte is vroeër reeds van 172 tot 145 verminder. Die beoogde klassifisering hou ernstige gevolge in vir toerisme, werkskepping en die ekonomie, sê hulle.

Vir baie meer mense kan werk geskep word en diegene wie se regte weggeneem is, moet dit terugkry.

CE Munro van Mosselbaai, wat reeds 65 jaar in die bedryf is en restaurante oral in Suid-Afrika van wilde oesters voorsien, sê die bestaansvissers gaan regsadvies inwin en pres. Cyril Ramaphosa se kantoor nader om ondersoek in te stel.

“Tradisionele en historiese regte is ook ter sprake. Dit kan nie net van ons af weggeneem word voordat met ons gekonsulteer word nie,” sê Munro.

“Vir baie meer mense kan werk geskep word en diegene wie se regte weggeneem is, moet dit terugkry. In die verlede was daar geen probleme met die regering totdat pres. Jacob Zuma die leisels oorgeneem het nie.”

Belanghebbendes kan tot 28 Junie kommentaar lewer.

Meer oor:  Senzeni Zokwana  |  Visvang  |  Regsadvies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.