Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Beweerde renosterstropers betyds vasgetrek

Twee mans, onderskeidelik 30 en 37 jaar oud, is oor die naweek vasgetrek voordat hulle ’n vermeende plan om renosters te stroop kon deurvoer.

Twee verdagtes in die pad langs hul Volkswagen Polo Vivo.

Luidens ’n verklaring van die polisie in Limpopo word die twee verdagtes met ’n sindikaat verbind wat renosters in die provinsie stroop.

Hulle is tussen Hoedspruit en Phalaborwa aangekeer en vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie aangekla.

Die polisie en ’n spesiale renostertaakspan het op inligting vanuit die gemeenskap gereageer dat die mans op ’n plaas in die Hoedspruit-gebied wegkruip. Die polisie het op ’n Volkswagen Polo met vier insittendes afgekom, maar twee van hulle het tydens ’n skermutseling weggekom, in ’n Toyota Hilux-bakkie gespring en weggejaag.

Die bakkie is later op sy dak langs die R537 gevind. Daar was niemand in die voertuig nie. Die twee verdagtes is nog soek terwyl die ander twee in die Polo aangekeer is.

Die polisie het op die twee voertuie, ’n jaggeweer, ’n knaldemper, ’n verkyker, nege patrone, drie messe, drie selfone, plastieksakke, oorpakke en ’n messlyper beslag gelê.

Die verdagtes sal vandeesweek in die landdroshof in Hoedspruit verskyn.

Meer oor:  Limpopo  |  Hoedspruit  |  Renosters  |  Omgewing  |  Renosterstropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.