Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Binnelandse paaie groot kopseer ná reën
So lyk die pad deesdae tussen Dealesville en Christiana. Foto: Verskaf

Motoriste is siek en sat vir paaie in die binneland wat in ’n haglike toestand en op sommige plekke lewensgevaarlik is.

Theuns Botha, ’n veekundige van Boshof, sê toe hy Dinsdagoggend ’n nat spoor duskant die duikweg buite Kimberley sien, het hy gedink hy kan maar deurry, want ’n voertuig is reeds daardeur.

Min het hy geweet dit was die spore van een van die bakkies wat vroeër uitgesleep is nadat dit in die reënwater vasgesit het.

Die water het oor sy voertuig se voorkant gekom en deur sy paneelkissie en oor sy sitplekke gestroom.

Nie net is die nuwe bakkie afgeskryf en die enjin daarmee heen nie, maar ook sy skootrekenaar wat op die passasiersitplek gelê het en sy kamera is tot niet.

“Ek voel dis uiters nalatig van die Sol Plaatje-munisipaliteit om nie waarskuwingsborde aan te bring nie!”

Die pad tussen Dealesville en Christiana is in ’n haglike toestand. Foto: Verskaf

Ernst du Toit van Day and Night Towing Kimberley het hom uitgesleep. Dié insleepdiens het daardie oggend vyf bakkies uitgesleep.

Dit is volgens Botha die water van twee weke gelede se reën wat so opgedam het.

“Dit lyk gereeld so en ondanks klagtes staan dit soms vir weke en selfs maande só.”

Ingrid Oosthuizen van Bultfontein sê sy was nou al “amper twee keer bokveld toe” weens die slegte toestand van die R700 tussen Soutpan en Bloemfontein.

In ’n brief aan die departement van paaie en vervoer skryf sy sekere dele van die pad is so sleg dat haar Polo in die slaggate kan pas.

“Ná die swaar reën is hierdie pad gevaarliker as ooit.”

Tolla en Jeanette Faber van Hertzogville sê hoewel die pad tussen Dealesville en Christiana nog altyd ’n nagmerrie was, is die situasie baie erger as gewoonlik.

“Jy kan nie meer sê ons het ’n pad nie,” sê Jeanette.

Dié egpaar het aan die munisipaliteit aangebied om self te reël dat die paaie herstel word. Faber is ook bereid om sonder betaling toesig te hou.

Hulle probeer ook lank reeds om ’n afspraak met die departement van paaie en vervoer te reël om hul hulp aan te bied, maar sonder sukses.

Pogings om kommentaar van die owerhede te kry was tot dusver onsuksesvol.

Theuns Botha van Boshof het gereken dit is veilig om deur dié duikweg buite Kimberley te ry omdat dit twee weke gelede laas gereën het. Sy bakkie moes uiteindelike uitgesleep word. Foto: Verskaf
Die water het by Theuns Botha se bakkie ingestroom. Foto: Verskoom
Theuns Botha se bakkie word deur Day and Night Towing Kimberley uitgesleep. Foto: Verskaf
Meer oor:  Theuns Botha  |  Boshof  |  Binneland  |  Paaie  |  Slaggate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.