Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
‘Bloed, kleursel, olie’ besoedel monding in Knysna
Knysna se afvalwatersuiweringsaanleg.Foto: Verskaf

Bloed, kleursel en olie besoedel die Knysna-riviermonding en verskeie ingrypings vind plaas om vas te stel wat dit veroorsaak, sê Sanparke.

Die Knysna-munisipaliteit het vroeër vanjaar bekend gemaak dat sy afvalwatersuiweringsaanleg deur oliebesoedeling geraak is.

Die besoedeling is verminder deur ensieme wat olie vreet by die aanleg te kweek, maar tekens van bloed en kleursel is nou ook in die stelsel gekry.

Die jongste uitslag van toetse op watermonsters het gewys dat ál die diepwaterkanale in die monding behalwe by die Ashmead- en Theseneiland-inlaat, lae E.coli-vlakke het, sê Sanparke in ’n verklaring.

Die jongste lesings deur die Garden Route-distriksmunisipaliteit wys ook hoë E.coli-vlakke by die duikslote by Bongani, Bigai, Langstraat, die spoorwegstasie en die Knysna-hengelvereniging, wat beteken dat die plekke ongeskik is vir ontspanningsdoeleindes, volgens die departement van water en sanitasie.

’n Ondersoek deur die Garden Route-distriksmunisipaliteit en Knysna-munisipaliteit na die oorsaak van die besoedeling duur voort. Kennisgewings van die distriksmunisipaliteit aan restaurante om bewys te lewer van hoe hulle van olie en vet ontslae raak, is afgehandel.

Hoewel onlangse olie- en vettoetse ’n drastiese afname by die Knysna-munisipaliteit se afvalwatersuiweringsaanleg gewys het, is bloed en kleursel in die stelsel gekry.

Skerms (siwwe) by die aanleg is vervang wat verhoed dat vaste stowwe in die aanleg beland.

’n Beroep word op inwoners en sakeondernemings gedoen om nie ongewenste stowwe en materiale in die rioolstelsel te gooi nie.

Die Garden Route-distriksmunisipaliteit neem steeds E.coli-monsters by 14 punte rondom die Knysna-riviermonding. Die uitslae is beskikbaar by http://www.knysna.gov.za.

Meer oor:  Olie  |  Bloed  |  Besoedeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.