Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Bloemskou gaan voort ná verbod gelig is

Die kampioenskappe in die afdeling vir beeste en kleinvee op die Bloemskou gaan voort soos beplan.

Die verbod op veilings en skoue van vee is gelig nadat dit kort nadat bek-en-klouseer uitgebreek het, ingestel is. Foto: Charles Smith

Dit kom nadat Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, op ’n nuuskonferensie by die parlement aangekondig het die verbod op veilings en skoue is opgehef.

Elmarie Prinsloo, uitvoerende direkteur van die Bloemskou, sê sy het bevestig dat skoue ingesluit word.

“Ons is dankbaar, maar weet ook die proses was ’n positiewe stap om te verseker dat die vee by veilings, skoue en ekspo’s veilig is.”

Bek-en-klouseer het in November in Limpopo uitgebreek en sedertdien is veral die rooivleisbedryf geraak omdat belangrike veilings kort-kort uitgestel is.

Die protokol wat deur die ses groot skoue en ekspo’s (Bloemskou, Royalskou, Nampo, Nampo Kaap, ALFA Nampo en Agri Expo) saamgestel is, sal in die komende week aan deelnemende rasse gesirkuleer word om te verseker dat diere wat na die Bloemskou gebring word, siektevry is en die nodige maatreëls gevolg word, sê Prinsloo.

Tammy Breedt, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder oor landbou, sê die verbod op veilings het gelei tot ’n ernstige ekonomiese verlies vir die landboubedryf wat na raming meer as R10 miljard beloop.

Dit is ’n enorme verlies, aangesien die veilingsbedryf se omset in die omgewing van R81 miljard per jaar is, sê sy.

Hy het verwys na die tekort aan staatsveeartse en sê die departement moet so gou moontlik veeartse aanstel en die stelsel verbeter om verdere uitbrekings van bek-en-klouseer te verhoed.

“Die departement moet seker maak dat die land se rooi sones en grense beveilig word om te keer dat gesonde diere met besmette diere in aanraking kom.”

Meer oor:  Bloemskou  |  Bek-En-Klouseer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.