Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Boere gewaarsku oor varkgriep in Gauteng

Varkboere in Gauteng word gewaarsku teen ’n varkgriep-uitbreking naby die Wes-Rand.

Dr. Kgosientso Ramokgopa, LUR vir ekonomiese, landbou- en landelike ontwikkeling in Gauteng, het Woensdagaand in ’n verklaring gesê die jongste uitbreking het in Swanieville, ’n informele nedersetting aan die Wes-Rand, uitgebreek.

Vyf varkplase word daardeur geraak en besmette varke word van kant gemaak. Daar is nagenoeg 1 000 varke in dié omgewing.

In April vanjaar is die Afrika-varkgriepvirus in varke wat by ’n veiling in Mpumalanga gekoop is, aangetref. Sowat 257 varke is van kant gemaak en 19 varkboere is hierdeur geraak. Dit was die eerste uitbreking in Gauteng.

Die volgende uitbreking was in Mei in Vanderbijlpark en het begin by ’n boer wat sy varke in die Vrystaat gekoop het – 96 varke van 14 boere is van kant gemaak.

Daarna het varkboerderye in die omgewing van Nigel aan die Oos-Rand deurgeloop. Tientalle varke is van kant gemaak.

Die departement het die volgende maatreëls ingestel om die verdere verspreiding van varkgriep te bekamp:

1) Die verkoop van varke op veilings is tydelik gestaak totdat die uitbreking in Gauteng verby is.

2) Die departement het ’n stelsel wat permitte uitreik vir wanneer varkboere hul varke na die slagpale wil vervoer.

3) Varkboere moet hul plaaslike veearts kontak om hulle te help om die permitte te bekom.

4) Die departement is in die proses om varkvoer te bekom om aan kleinboerderye te verskaf om op te maak vir die verlies omdat hulle nou nie hul varke kan verkoop nie.

Só weet jy jou varke het varkgriep:

* Die meeste varke sou reeds gevrek het, soms sonder enige kliniese tekens van die virus.

* Varke is lusteloos en kloek saam, want hulle het koors.

* Varke verloor hul eetlus en sommige kry diarree.

* Besmette varke sal ’n rooi-blou-skynsel op hul vel hê, veral rondom die ore, op hul pens en bene. Hul neus en rektum kan ook bloei.

* ’n Dragtige sog sal haar werpsel verloor.

Meer oor:  Wes-Rand  |  Varkgriep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.