Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Boere kon Vrydag tot laat nog oes

Soos Neil Young se bekende liedjie “Harvest Moon” mense bekoor het, was die onlangse oesmaan oor die naweek net so betowerend.

Rina Engelbrecht van Koringberg, naby Moorreesburg, het Vrydagaand van haar stoep foto’s van dié verskynsel met haar Nikon P900-kamera geneem.

Dit was Vrydagaand oesmaan en ook ’n mikromaan.

Dit is die eerste foto wat Rina Engelbrecht Vrydagaand van die oesmaan geneem het toe daar wolke voor die maan was. Foto: Rina Engelbrecht

Volgens The South African was Vrydagaand se maan 180° direk oorkant die son in ekliptiese lengte. 

Dié verskynsel staan ook bekend as ’n mikromaan, en die maan het 14% kleiner gelyk as gewoonlik, berig Metro.uk.

Die oesmaan is eintlik nie so seldsaam nie; dit verskyn elke jaar en dit word só genoem oor die tyd van die jaar wat dit verskyn (herfs – en oestyd – in die noordelike halfrond).

Die tweede foto wat Rina Engelbrecht geneem het, het die wolke voor die maan wegbeweeg en het sy haar kameralens ingezoem om ’n foto te neem. Foto: Rina Engelbrecht
Wat dit dié keer so seldsaam maak, volgens Metro.uk, is dat dit op Vrydag 13 September verskyn het.

Die laaste keer dat dít gebeur het, was in 2000 en sal dit eers weer in 2049 plaasvind.

Luidens

Space.com kan die volmaan ook vroeër in September daardie jaar plaasvind met die gevolg dat ’n mens eers tot in Oktober sal moet wag vir die oesmaan.

Tussen 1970 en 2050 is daar 18 jaar waar die oesmaan in Oktober verskyn het en gaan verskyn. Die laaste keer was in 2017 en die volgende keer wat dit gebeur, sal in 2020 wees.

Volgens

Nasa word dit die oesmaan genoem omdat boere soms tot laat in die aand in die lig van die maan oes. Die maan kom gewoonlik elke aand 50 minute later op, maar vir die paar aande rondom die oesmaan kom die maan byna elke aand dieselfde tyd op.

Die oesmaan is ’n ou Europese naam vir die volmaan en, volgens die Oxford English Dictionary is dié naam vir die eerste keer in 1706 gebruik.

Meer oor:  Boere  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.