Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Boere praat saam, beplan op VL-konferensies

“Ons sal alles in ons vermoë doen om dit te beveg.”

So sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), oor die ANC se plan om die Grondwet vir grondonteiening sonder vergoeding te wysig.

Sowat 50 boere het Woensdag op Bethlehem saamgekom om op die eerste van vyf streekskonferensies saam te praat oor en te beplan aan die toekoms van landbou.

Donderwolke kruip nader oor 'n plaas in die Vrystaat. Net so het politieke donderwolke teen die ANC se grondwet-wysiging vir grondonteiening sonder vergoeding op die eerste van vyf streekskonferensies Woensdag op Bethlehem begin saampak. Foto: www.geselsversekering.co.za

“In dié stadium is ’n slegte besluit beter as geen besluit nie,” sê Wilken.

Hy sê dit is VL se ideaal dat die regering sal besef ’n land se landbousektor is sy grootste bate en bron van voedselproduksie.

“Die landbousektor is nie ’n nywerheid wat plek het vir politieke of ideologiese gedrang nie.”

Volgens Wilken is die boere ongeag onsekerheid gefokus op dit wat saak maak – die boerdery.

“Ek ervaar dat die boere net wil boer en as voedselprodusente optree. Hul primêre fokus is daarop gerig.”

Wilken sê die doel van dié konferensies is om ’n geleentheid vir landbouers, landbou-organisasies en belanghebbendes te skep om saam te praat en saam te beplan aan die toekoms van landbou.

Talle kwessies het die afgelope paar maande in die landbousektor kop uitgesteek.

Een daarvan is die veiligheid van boere en hul vee.

Vrystaat Landbou se eerste van vyf streekskonferensies was Woensdag op Bethlehem. Sowat 50 boere van dié distrik het saamgekom om die toekoms van die landbousektor te bespreek en saam daaraan te bou.

Hoewel byna ’n derde van die plaasaanvalle wat die laaste nege maande van 2019 in die Vrystaat plaasgevind het in November en Desember voorgekom het, was die feestyd betreklik stil.

“In die nuwe jaar het die aanvalle of diefstal nog nie begin optel nie, maar kenners voorspel dat gevalle van die middel van Februarie af weer sal begin voorkom.

“Die boere staan darem saam en goeie veiligheidsmaatreëls is ingestel.

“Die boere staan saam vir mekaar se veiligheid, maar hulle gaan gebuk onder finansiële druk.”

Wilken sê hulle hoop vir nóg meer voete op die Tweeling-konferensie op 25 Februarie.

“Hoe meer stemme en insprake ons het, hoe sterker kan ons aan die toekoms van landbou werk.”

Die vyf streekskonferensies sal op die volgende datums plaasvind:

25 Februarie: Tweeling (Tweeling-landbouvereniging om 10:00);

26 Februarie: Trompsburg (Laerskool Trompsburg om 09:30);

17 Maart: Ladybrand (Maluti Tavern om 13:00);

1 April: Bultfontein (sal nog bevestig word).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.