Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Boervrou van Boesmanland samel geld in vir vee-medisyne
In Boesmanland hoef die wind nie eens sterk te waai om alles onder 'n stofkombers te laat nie. Skape kan maklik longontsteking kry van die stofwalms. Foto: Chrismari van der Westhuizen-Batt

’n Boervrou van Boesmanland samel geld in vir boere van die Loeriesfontein-distrik sodat veemedisyne gekoop kan word.

Chrismari van der Westhuizen-Batt, wat sowat 100 km noord van Loeriesfontein boer, het in November 2019 ’n geldinsameling op die aanlyn platform BackaBuddy begin om geld in te samel sodat daar na die vee se gesondheid omgesien kan word.

Die boere van Loeriesfontein-distrik probeer om elke dag vir die skape 'n bietjie kragvoer soos mielies te gee. Die mielies word van die bakkie af in 'n streep vir die skape gegooi.Die skape assosieer al die ryende bakkies met kos, so wanneer hulle 'n bakkie sien ry, jaag hulle agter hom aan. Jy moet jou storie ken om die hekke vinnig oop en toe te maak, anders loop hulle ook saam deur die hek. Foto: Chrismari van der Westhuizen-Batt

Van der Westhuizen-Batt sê dit het jare laas in die Loeriesfontein-distrik gereën en met die droogte wat op hul stoepe dans, is alle beskikbare geld gebruik om veevoer aan te koop.

“Ander basiese behoeftes vir gesinne en veral vir die diere het aan die agterspeen gesuig.”

Met hierdie insameling wil Van der Westhuizen-Batt dit vir boere moontlik maak om ook aan die ander behoeftes van boerdery aandag te gee. “Dis belangrik dat die vee nie net gevoer word nie, maar ook gesond gehou word.”BackaBuddy laat mense toe om skenkings te doen wat regstreeks in AgriKaap se rekening inbetaal word.

In die Loeriesfontein-distrik eet die skape letterlik net die kos wat vir hulle aangery word. Daar is geen natuurlike weiding nie en mielies is 'n luuksheid wat spaarsamig gebruik moet word. Veral die ouer ooie het vinnig geleer dat dit makliker is om die mielies te vang soos wat dit by die sak se bek uitloop. Foto: Chrismari van der Westhuizen-Batt

AgriKaap stuur dan vir Van der Westhuizen-Batt ’n faktuur om te sê hoeveel geld beskikbaar is. “Die boere maak ’n lysie van dit wat hulle nodig het en so kyk ons wat ons kan kry.”

Van der Westhuizen-Batt is jare lank ’n kranige fotograaf. Die foto’s wat sy die afgelope paar jaar van die droogte neem, beeld die omstandighede goed uit.

Sy sou graag haar foto’s wou verkoop om nog geld in te samel vir droogtehulp, maar sê dit is moeilik as ’n mens so afgesonder lewe.

“Die naaste plek waar ek die foto’s gedruk sal kry, is seker in die Kaap.

“Dit gaan ’n bietjie moeilik raak om so op en af te ry.”

Die insamelingsveldtog het met sy afskop in November 2019 heelwat geld ingesamel. “Van Desember tot Februarie daarna het dit ’n bietjie stadig gegaan,” sê Van der Westhuizen-Batt.

Meer oor:  Backabuddy  |  Boesmanland  |  Geldinsameling  |  Vee  |  Boervrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.