Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Bokkie-Beer terug in trop

Die klein springbokkie wat kort ná haar geboorte ’n poot verloor het, is ná ’n jaar terug in die veld en deel van ’n springboktroppie naby Deneysville in die Vrystaat.

Sabria Basson
Sabria Basson (toe 4) in Oktober 2017, toe Bokkie-Beer se agterpoot afgeskop is. Hulle het gehoop die diertjie druk deur. .

Soms kom sy egter nog huis toe waar Leilani en Frik Basson, die eienaars van die kleinhoewe, haar ’n skelm lekkerny gee of om sommer net saam met die Bassons se vyfjarige dogtertjie, Sabria, in die veld te stap.

’n Sebra het haar een agterpoot in Oktober 2017 afgeskop enkele dae nadat sy gebore is. Omdat daar geen teken van die ma was nie, moes die Basson-gesin ingryp.

Die probleem was dat hulle eintlik in Melville, Johannesburg, woon en net naweke na die hoewe gaan.

Bokkie-Beer, soos die Bassons haar gedoop het, was egter so klein en tingerig dat sy saam stad toe getrek en ’n Melville-bokkie geword het.

Die verbryselde poot is geamputeer en elke paar uur was die bottel met ’n spesiale melkmengsel vir haar gereed.

Leilani het geweet as haar ooilammetjie die trauma oorleef, sou sy eendag moet teruggaan veld toe.

“Niemand het gedink sy gaan oorleef nie. Sy was te klein en die trauma groot. En hoe sou sy in die veld hardloop en spring?

Niemand het gedink sy gaan oorleef nie. Sy was te klein en die trauma groot. En hoe sou sy in die veld hardloop en spring?
“Maar sy het oorleef. Ons het later menings oor ’n moontlike prostese ingewin, maar dit sou nie in die veld werk nie.”

Bokkie-Beer het egter geleer om met die af poot oor die weg te kom.

“Dit is ongelooflik hoe die tipiese wildedier-eienskappe deurgekom het. Sy het geleer balanseer en kan nou selfs pronk!” spog Basson.

Die Melville-erf het te klein geraak en hulle het die ooitjie verlede jaar in die herfs met ’n swaar hart na die hoewe teruggeneem.

Ook daar was risiko-faktore: Sy was ’n buitestander in die trop en die koue winter het voorgelê.

Refuoe Stephen Makhalemele, wat op die hoewe vir die Bassons werk, moes help dat Bokkie-Beer oorleef.

“Ons het haar en haar dwergbokkie-maat in die omheinde deel by die huis gehou. Sy en die ander springbokke kon mekaar dus ruik, sien en interaksie hê.

Saans het sy ewe slim na die buitekamer gestap waar sy in haar duvet en komberse toegevou is.

“Saans het sy ewe slim na die buitekamer gestap waar sy in haar duvet en komberse toegevou is. Sy het ook steeds twee keer per dag bottel gekry om te sorg dat sy al die voedingstowwe inkry en immuniteit opbou,” sê Basson.

Sy was elke dag bang dat die ooitjie nie die winter gaan oorleef nie. En dan kry sy ’n foto of video van Makhalemele wat wys hoe goed dit met die lammetjie gaan.

In die lente van 2018 is die hekke na die groot veld oopgemaak en Bokkie-Beer is die wye wildernis in.

Sy het saam met die ander springbokke in die trop begin wei en slaap asof dit tweede natuur is.

“Sy het in die veld oorleef,” sê Leilani trots, maar effens hartseer, soos ’n ma wie se laatlam uit die huis is.

Meer oor:  Vrystaat  |  Deneysville  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.