Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Boorkewer bedreig bome in George

Dringende maatreëls word oorweeg om bome in George van ’n verwoestende indringer-boorkewer te red.

Die George-munisipaliteit vra inwoners om tekens van besmetting met dié plaag aan te meld.

Gaatjies in ’n boom wat deur die kewer Euwallacea fornicatus veroorsaak is.

’n Ondersoek word gedoen na die voorkoms van die kewer Euwallacea fornicatus en die verwante swam wat bome in ander dele van Suid-Afrika doodmaak.

Gevorderde besmetting is in heelwat groot bome in George gevind, onder meer in Doneraile-plein, die Van Riebeeck-tuin en die woonbuurt Camphersdrift. “Dit was net ’n oppervlakkige ondersoek, maar ons verwag om meer te vind. George is boomryk en ons is bekommerd oor bome in ons woonbuurte, sowel as dié op omliggende plase en in bosbougebiede,” sê Walter Hendricks, direkteur van gemeenskapsdienste in die George-munisipaliteit.

Volgens die munisipaliteit is dié indringer-kewer taamlik nuut in Suid-Afrika. ’n Moontlik gepaste chemiese swamdoder is tans slegs in grootmaat beskikbaar.

Die munisipaliteit en ander belanghebbendes sal volgende week met ’n kenner, prof. Wilhelm de Beer van die Ambrosia Beetle-werkgroep en die Universiteit van Pretoria (UP), vergader oor die moontlike bestryding van die plaag.

“Die munisipaliteit sal ook ander plaaslike owerhede raadpleeg om ondersoek in te stel na maniere om die besmetting effektief te hanteer,” sê Hendricks.

Die kewer en sy swam is verlede jaar die eerste keer in die KwaZulu-Natalse Botaniese Tuin gevind. Die 2 mm lange kewer is afkomstig van Suidoos-Asië. Dit is ’n indringer in Kalifornië, Israel en Suid-Afrika. Dit deurboor die boom se bas en dra die swam oor na die lewende hout. Dit kan tot besmetting lei wat kan veroorsaak dat bome doodgaan.

Inheemse en eksotiese bome word geraak. Oorsese navorsing het getoon dat onder meer wingerdstokke en avokado-, pekan-, perske- en lemoenbome vir besmetting vatbaar is.

Inwoners word versoek om bome in hul tuine, parke en op sypaadjies te ondersoek en enige teken van besmetting by parks@george.gov.za aan te meld.

Tekens van besmetting wat reeds op bome in George gesien is, sluit in klein, opgehewe blou en swart letsels met ’n gaatjie in. Dit lyk soos ’n skietwond of ’n brandplek met ’n sigaret. ’n Wit poeier kan op die bas voorkom rondom gate van die kewer se tonnels.

Meer oor:  George Munisipaliteit  |  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.