Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Boorkewer ‘bedreig nie Knysnawoud’
Die inheemse Knysnawoud in die Tuinroete Nasionale Park. Foto: Sanparke

’n Verwoestende indringerboorkewer wat reeds bome in George besmet het, hou in hierdie stadium geen bedreiging vir die inheemse Knysnawoud in nie.

Die George-munisipaliteit het vroeër gesê noodmaatreëls word oorweeg nadat besmetting deur die kewer Euwallacea fornicatus en die verwante swam in heelwat groot bome in George aangetref is.

Die kewer deurboor die boom se bas en dra die swam oor na die lewende hout. Dit kan tot besmetting lei wat dan veroorsaak dat bome kan vrek.

Nandi Mgwadlamba, woordvoerder van die Tuinroete Nasionale Park, wat die inheemse Knysnawoud insluit, het by navraag gesê daar bestaan tans nog nie ’n ware bedreiging vir die inheemse bome daar nie.

“Ons is in ’n werksessie op die kewer bedag gemaak.”

Die Knysnawoud is bekend vir onder meer sy geelhoutbome.

Volgens die George-munisipaliteit is die kewer en sy swam verlede jaar die eerste keer in die KwaZulu-Natalse Botaniese Tuin gevind. Die kewer van 2 mm is afkomstig van Suidoos-Asië. Dit is ’n indringer in Kalifornië, Israel en Suid-Afrika.

Tekens van besmetting wat reeds aan bome in George gewaar is, sluit in klein, opgehewe blou en swart letsels met ’n gaatjie in. Inheemse en uitheemse bome word geraak. Oorsese navorsing het getoon dat onder meer wingerdstokke en avokado-, pekanneut-, perske- en lemoenbome vir dié besmetting vatbaar is, sê die George-munisipaliteit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.