Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Bultrug-walvis spoel by Kleinmond uit

’n Bultrug-walvis het Maandag by die Palmietriviermond by Kleinmond in die Wes-Kaap uitgespoel.

Die Soogdier-instituut se walvis-eenheid sê die gestrande walvis van 11,5 m is deur ’n plaaslike branderplankryer gevind.

“Ons het ondersoek ingestel en die bultrug-walvis in die tussengetysone gesien,” lui ’n verklaring.

Die walvis het reeds begin ontbind.

“Dit was moeilik om die karkas te verwyder, ’n gedeelte het reeds deur die branders weggespoel. Ons kon darem monsters van die balein, vel en spek neem. Dit sal gebruik word vir verdere ontleding.”

Die oorsaak van die walvis se dood is onbekend.

’n Walviskarkas is Maandag by Palmietriviermond gekry. Foto: MRI Whale Unit
’n Walviskarkas is by die Palmietriviermond gekry. Foto: MRI Whale Unit
Die karkas het by die rivier uitgespoel. Foto: MRI Whale Unit

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.