Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Bultrugwalvis uit toue gered

’n Verstrengelde bultrugrwalvis wat Sondag by St. Helenabaai aan die Weskus opgemerk is, is Maandag uiteindelik gered.

Lede van die Suid-Afrikaanse walvisontstrengelingsnetwerk (SAWDN) en die Nasionale Seereddingsinstituut was Sondag net ná 12:00 op die toneel nadat hulle van die 12 m lange walvis, wat in toue verstrengel was, ingelig is.

Met hul aankoms was daar nog ’n walvis, vermoedelik ’n maat, langs die verstrengelde walvis.

Ter illustrasie. ’n Bultrugwalvis spring uit die water naby ’n boot van Ocean Blue Adventures in Plettenbergbaai.Foto: Ocean Blue Adventures

Hulle kon van die toue lossny, maar moes die reddingsoperasie tydelik staak toe die donker word en te gevaarlik raak.

“Die walvis het beter beweeg, maar was nog aan die seebodem vas en ons moes dit deur die nag daar los,” lui ’n verklaring van die SAWDN.

Die reddingswerkers het Maandagoggend teruggekeer en die dik tou waaraan die walvis vas was met spesiale toerusting afgesny.

“Die walvis blyk gesond te wees en die SAWDN is tevrede dat hy sal oorleef ná die reddingsoperasie.”

Dit het amper gelyk asof die walvis die reddingswerkers bedank toe die dier met sy stert omhoog deur die lug geduik het voordat die twee walvisse weggeswem het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.