Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Cape Nature wil nie sê waar Simba van Athlone is

Cape Nature het die afgelope week ’n sluier van geheimhouding getrek oor waar Simba die leeuwelpie wat in Augustus by ’n huis in Athlone, Kaapstad gevind is, hom bevind.

Die leeuwelpie wat in Athlone, Kaapstad, gevind is.

In ’n e-pos Dinsdag wou Netwerk24 by Loren Pavitt, Cape Nature-woordvoerder, weet waar Simba is en of daar besoek by hom afgelê kan word.

Netwerk24 se e-pos kom nadat inligting ontvang is dat Simba, soos hy in die media gedoop is, in die weke nadat hy by die huis in Athlone gevind is, van kant gemaak is.

Die leeuwelpie was glo te gewoond aan mense en kon na bewering nie aanpas by die plek waarheen hy geneem is nie.

Daar is aan CapeNature gevra of Simba nog lewe en indien wel, waar is hy?

Pavitt het in antwoord hierop gesê dat hulle en die polisie gesamentlik besluit het om: “gegewe die sensitiewe aard van die saak en die ondersoek wat voortduur nie op medianavrae gaan reageer nie.

Alle joernaliste word aangemoedig om die hofverrigtinge by te woon vir verdere inligting.”

’n Polisiewoordvoerder, sers. Noloyiso Rwexana, het in antwoord op navrae gesê dat dit nou ’n hofsaak is en dat hulle nie kommentaar gaan lewer nie.

Drie mans, waaronder Sulaiman Effendi, die jongste seun van Najwa Petersen, veroordeelde weduwee van die vermoorde musieklegende Taliep Petersen, het op 28 Augustus in die landdroshof in Wynberg verskyn nadat hulle op 21 Augustus by Effendi se huis in hegtenis geneem is.

Die leeuwelpie is by Effendi se Athlone-huis gevind.

Effendi, sy medebeskuldigdes, Rayaan Simons en Shurud Jacobs, staan tereg op sowat 14 aanklagte wat met die beskerming van wilde diere verband hou.

Hulle is elk op R5 000 borgtog vrygelaat. Die saak is tot 27 November vir verdere ondersoek uitgestel.

Lede van die polisie se veediefstaleenheid in Kaapstad het op 28 Augustus buite die hof bevestig dat die owerhede steeds soek na ’n tweede leeuwelpie wat glo iewers op die Kaapse Vlakte aangehou word.

Meer oor:  Cape Nature  |  Simba  |  Athlone  |  Hofsaak  |  Leeuwelpie  |  Natuurbewaring  |  Wilde Diere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.