Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
China gee hoop vir oorlewing van die ietermagô
’n Gesmokkelde ietermagô waarop beslag gelê is. Foto: ELIZABETH SEJAKE

Die ietermagô, die mees gestroopte en verhandelde soogdier op aarde, het dalk tog nog ’n kans op voortbestaan.

Daar is dalk ook hoop vir die wêreld se laaste renosters, waarvan die meeste in Suid-Afrika is.

Die leiers van die politieke party Democratic Alliance for the Betterment and Progress of Hong Kong het eergister aangekondig dat hy hom gaan beywer vir ’n verbod op die gebruik van ietermagôskubbe in China en ook die teel van renosters in aanhouding in die land.

Die bewaringsorganisasie WildAid het gister in ’n verklaring gesê die party, die grootste in Hongkong, het aangedui hy gaan die voorstelle doen wanneer die Volkskongres vandeesmaand in Beijing byeenkom.

Die party beywer hom vir ’n “ekologiese beskawing” in China.

“Dit is ’n massiewe stap in die regte rigting vir ietermagô’s en renosters,” sê WildAid in ’n verklaring.

Die party gaan hom beywer vir wetgewing om die handel in en gebruik van renosters se liggaamsdele te verbied, asook baie swaarder strawwe vir oortreders.

Die bevordering van ’n “ekologiese beskawing” is in China se grondwet ingeskryf en is die riglyn vir al die omgewingswetgewing.

Die bevordering van ’n “ekologiese beskawing” is in China se grondwet ingeskryf en is die riglyn vir al die omgewingswetgewing.

Pres. Xi Jinping van China het in Oktober 2017 in die Volkskongres gesê: “Ons, as mense, moet die natuur respekteer, in sy weë wandel en dit beskerm.”

Hy het bygevoeg sy administrasie sal “ ’n eenvoudige, groen leefwyse met ’n geringe koolstofvoetspoor aanmoedig en enige uitspattigheid en oordrewe verbruik teenstaan”.

WildAid wys daarop dat ietermagôskubbe nog algemeen in tradisionele Chinese medisyne gebruik word. Dit word ook nog dikwels in Chinese hospitale voorgeskryf. Dit sluit medisinale stroop, salf en pleisters in.

400 000 ietermagô’s is na raming verlede jaar in Afrika gestroop.

“Wettige voorrade” ieter­magôskubbe in China is besig om af te neem. Die Chinese slaag ook nie daarin om ietermagô’s in gevangenskap te teel nie.

Dit het gelei tot ’n geweldige toename in die stropery van dié diere. Die tempo van sluikhandel tussen Afrika en Chi- na het in die laaste paar jaar die hoogte ingeskiet, sê Wild-Aid.

400 000 ietermagô’s is na raming verlede jaar in Afrika gestroop.

WildAid se navorsing het gewys daar is 200 farmaseutiese maatskappye in China wat 70 gepatenteerde medisynes met ietermagôskubbe vervaardig.

Die lewe van minstens 57 000 ietermagô’s sal elke jaar gespaar word as China die gebruik van hul skubbe in medisyne verbied.

Elizabeth Quat, lid van die Volkskongres en aktivis vir ’n verbod op die gebruik van ietermagôskubbe en renosterliggaamsdele, sê luidens die verklaring: “Net soos die verbod wat in 2017 op ivoorhandel geplaas is, sal die verbod op ietermagôskubbe en renosterhoring die verhouding tussen China en Afrika versterk.”

Meer oor:  China  |  Natuurbewaring  |  Oorlewing  |  Wildbewaring
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.