Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Cites verskuif beraad na Gèneve

Die konvensie vir die handel oor bedreigde fauna en flora (Cites) hou sy 18de beraad van 16 tot 28 Augustus in Gèneve, Switserland, en nie meer in Sri Lanka nie.

Dit is met “groot spyt” dat die sekretariaat besluit het om eerder die uitgestelde beraad na Switserland te skuif en nie na ’n ander datum in Sri Lanka nie, het Cites einde verlede week in ’n verklaring gesê.

Die uitgestelde beraad sal luidens die verklaring “baie kleiner en eenvoudiger” wees.

Cites se beraad sou van 23 Mei tot 3 Junie in Colombo, Sri Lanka plaasgevind het. Aanvalle op kerke en ander plekke van aanbidding op 21 April wat die lewens van meer as 350 mense geëis het, het die sekretariaat laat besluit om die beraad inderhaas te kanselleer. Die sekretariaat het in April gesê hy wou nie “duisende beraadgangers” se lewe in gevaar stel nie. Die sekretariaat het egter volgehou die beraad sou steeds op “latere datums” in Sri Lanka plaasvind.

Die sekretariaat het egter besluit om eerder die beraad na Gèneve te skuif, het Ivonne Higuero, Cites se sekretaris-generaal, verlede week gesê. “Ons het hierdie besluit geneem ná versigtige oorwegings en diep gesprekke met die regering van Sri Lanka. Nadat ons ’n verslag ontvang het van die Verenigde Nasies se departement van veiligheid en sekuriteit oor die situasie in Sri Lanka het ons besluit om die beraad te skuif.

“Dié buitengewone omstandighede verg nou groot opofferings van die sekretariaat,” sê Higuero. “Cites se beraad kon egter nie langer uitgestel word nie omdat daar belangrike besluite geneem moet word oor die handel in wild,” sê Higuero.

As verteenwoordigers van lidlande op ’n konvensionele beraad met byvoorbeeld groot videoskerms en ander moderne tegniese toerusting aandring, sal hulle geld daarvoor moet bewillig en geld daarvoor bymekaar moet help maak.

Sy het die regering van Sri Lanka bedank vir hul ondersteuning van die sekretariaat se besluit om die beraad weens veiligheidsoorwegings na Switserland te verskuif. Higuero beskryf dit as “die moeilikste tyd” in die geskiedenis van Cites se bestaan. Cites het op 1 Julie 1975 tot stand gekom om die handel in 35 000 spesies (diere én plante) te reguleer.

Meer oor:  Omgewing  |  Cites  |  Beraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.