Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Clanwilliam-dam loop vinnig vol ná goeie reën

Die grootste damme in die Wes-Kaap raak vinnig vol danksy die goeie reënval in die afgelope tien dae. Een hiervan is die Clanwilliamdam, waarvan die damvlak in die afgelope tien dae van 23,6% tot 94,2% gestyg het.

Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste in die provinsie, staan tans op 99,5%, in vergelyking met 68,5% in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Die Clanwilliamdam Maandag. Foto: Facebook/Matzikama-munisipaliteit

“Nog reënval die week sal tot verdere stygings in die dam- en riviervlakke in die provinsie bydra,” sê Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning in die Wes-Kaap.

Die jongste gemiddelde damvlak in die Wes-Kaap is 71,5% (53% verlede jaar). Damme wat die Kaapstad-metro van water voorsien, is tans 93% vol (72% verlede jaar).

Die totale kapasiteit van die damme wat water aan die Kaapstad-metro voorsien, het die afgelope week met 4% gestyg – van 89,2% die vorige week tot 93,2% tans.

Die daaglikse waterverbruik vir dieselfde tydperk het tot 739 miljoen liter per dag, vergeleke met 729 miljoen liter die vorige week, toegeneem. In die ooreenstemmende tyd verlede jaar het die damvlakke op 70,6% gestaan.

“Ons beleef ’n bogemiddelde reënseisoen en ons is dankbaar,” sê Bredell. “Sommige streke, veral die opvanggebied van die Gouritsrivier, het steeds reën nodig. Ons hoop om daar verligting te sien.

“Elders in die provinsie, veral die Kaapstad-metro, die Kaapse Wynland en Overberg, is die grond versadig en die verdere reënval sal vandeesweek tot meer oorstromings op plekke lei.”

Bredell het die publiek versoek om uiters versigtig te wees wanneer hulle gedurende gure weer in die provinsie reis, en hulle gemaan om kennis te neem van die uiters koue weer wat vir die week voorspel word.

damme

’n Kouefront met sterk wind, swaar reën en hoë deinings, wat met springgety saamval, het die Wes-Kaap Maandag getref en sal na omliggende provinsies versprei.

Dit sal na verwagting oornag ooswaarts uitbrei na die Tuinroete, en teen Dinsdagmiddag opklaar. Die kuswind sal na verwagting Dinsdag bedaar, terwyl die front na die provinsies in die binneland sal verskuif.

Baie koue weer word verder die week oor die binneland van die Wes- en Oos-Kaap verwag, asook die suide van die Noord-Kaap.

Aansienlike en wydverspreide ryp word ook van Woensdag tot Vrydag oor die westelike en suidelike binneland verwag.

Die Voëlvleidam was Maandag 76,1% vol, teenoor 71,7% verlede week en 64% verlede jaar dié tyd. Die Bergrivierdam is 100% vol nadat dit verlede week 101% en 93,6% in 2020 vol was.

Ander damme wat aan Kaapstad water verskaf:

• Benede-Steenbrasdam: 78,26% (75,72% verlede week) met 97 mm reën in die voorafgaande sewe dae;

• Bo-Steenbrasdam: 71,46% (69,63%);

• Voëlvleidam: 76,18 (71,70%) met 12,2 mm reën;

• Bergrivierdam: 100,63 (101,51%) met 35,5 mm reën; en

• Wemmershoekdam: 90,73 (86,65%) met 36,7 mm reën.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Damvlakke  |  Reën  |  Droogte  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.