Colo die gorilla het Donderdag 60 geword. Colo was die eerste gorilla ter wêreld om in aanhouding gebore te word en ook die oudste oorlewende gorilla in aanhouding. Gorillas in aanhouding word gewoonlik net 40. Sy is ’n inwoner van die dieretuin in Columbus, Ohio, Amerika.

’n Groot partytjie – met geskenkte – is vir Colo gehou. Foto: AP

Colo se langer lewe in aanhouding toon hoe gevorderde mediese versorging, voeding en terapie die lewensduurte van diere in dieretuine kan verleng. Foto: AP

Colo dra dikwels ’n basketbalpet. Foto: AP

Colo dra dikwels ’n basketbalpet. Foto: AP

Van die verjaardagkoeke waaraan Colo Donderdag kon smul. Foto: AP

Colo se hok is ook versier. Foto: AP

Dit lyk of Colo ’n middagslapie neem ná al die opwinding om haar verjaardag. Foto: AP

Cola smul aan ’n stukkie koek. Foto: AP