Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Covid-19: Oorsese jagters sak en pak huis toe

Die rimpeleffek van die Covid-19-pandemie word tot in elke uithoek van die wêreld gevoel en het selfs die vrede om kampvure in die Bosveld versteur.

Danny McGee, ’n Amerikaanse jagter wat saam met KP van Dyk gejag het, by ’n koedoebul. Foto: Facebook

KP van Dyk, ’n professionele jagter van Thabazimbi, sê nadat pres. Cyril Ramaphosa die reisverbod na Europa en Amerika ingestel het, moes bykans 70 Europeërs, meestal van Denemarke, hier haastig hul tasse gepak het om na hul lande terug te keer.

Van Dyk sê besoekers is aangeraai om op die eerste beskikbare vlug na hul land terug te keer weens kommer dat hulle nie later terugvlugte sal kry nie.

Daar was tien jagters en sowat 60 fotograwe tuis by twee lodges buite Thabazimbi wie se besoek aan Suid-Afrika kortgeknip is.

Van Dyk sê hy sou tot 14 April jagters gehad het. Hy sê die toerismebedryf, wat die jagbedryf insluit, word baie sleg deur die reisverbod weens die pandemie getref.

Hy sê baie mense besoek ook tydens jagtogte die Pilanesberg-natuurreservaat.

“Ons koop groot hoeveelhede kos en kruideniersware in Thabazimbi by die Pick n Pay aan. Dit is soveel voorraad dat hulle dit vir ons kom aflewer, so almal gaan hierdie ding voel.

“My inkomste is daarmee heen ek sal nou ander planne moet maak. Ek is maar een ou, al die jagplase is in dieselfde bootjie,” sê hy.

Van Dyk sê jagmaatskappye gebruik gewoonlik hul oorsese kliënte se deposito’s om voor die seisoen wild aan te koop, en om die jagkampe in stand te hou en te verbeter.

“Jy koop dalk ’n kragopwekker uit die deposito aan om seker te maak jou gaste word nie deur beurtkrag verontrief nie. Waar gaan die ouens die geld kry om dit terug te gee?”

Hy sê die onsekerheid oor hoe lank die pandemie gaan voortduur en tot wanneer daar ’n reisverbod gaan geld, vererger sake.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Thabazimbi  |  Toerismebedryf  |  Koronavirus  |  Korona  |  Virus  |  Covid 19-Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.