Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Damvlakke in die Oos-Kaap daal steeds
Die Kougadam by Patensie in die Oos-Kaap vroeër. Foto: Argief

Die Oos-Kaapse damvlakke daal steeds in die voortslepende droogte.

Luidens die jongste verslag van die departement van waterwese en sanitasie is die gekombineerde damvlak in die provinsie nou 52,4% teenoor 52,7% verlede week.

Die damme wat die Nelson Mandelabaai-metro van water voorsien, is onder geweldige druk en lyk soos volg:

* Kougadam: 37,3% (37,9% verlede week)

* Impofudam: 17,5% (17,8%)

* Loeriedam: 56,6% (57,5%)

Die watervlak van die damme wat die Amathole-distriksmunisipaliteit van water voorsien, is ook laag.

Die meeste dorpe in dié distriksmunisipaliteit ondervind ’n watertekort.

Volgens die departement het die Xilinxadam, wat Butterworth van water voorsien, die afgelope week “geen water gehad nie”.

Die Nahoondam is op 58,9% teenoor 59,1% verlede week. Die Bridle Drift-dam se vlak het tot 41,7%, gedaal teenoor 41,8% verlede week.

Die Klipplaat-waterstelsel, wat Komani en omliggende gebiede van water voorsien, loop deur onder verdamping, sê die departement.

Die damvlakke hier is soos volg, met die syfer van die vorige week in hakkies:

* Macubenidam: 71,9% (74,2%)

* Oxkraaldam: 56,5% (56,6%)

* Waterdowndam: 24,5% (24,3%)

Laasgenoemde dam se vlak het wel effens gestyg.

Die departement doen steeds ’n beroep op alle verbruikers om water te alle tye spaarsamig te gebruik.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Waterkrisis  |  Damvlak  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.