Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Damvlakke in Limpopo styg verder ná goeie reën

Damvlakke in Limpopo het die afgelope week met bykans 10% gestyg ná goeie reën wat oor groot dele van die provinsie uitgesak het.

Die Ebenezerdam by Haenertsburg, een van Polokwane se waterbronne, is 60% vol teenoor 49% verlede week Maandag. Die dam het verlede jaar in die ooreenstemmende tyd slegs 21% water gehad.

Strenger waterbeperkings is verlede jaar in Polokwane ingestel omdat daar baie minder water vanaf die Ebenezerdam na die stad gepomp kon word.

Die waterbeperkings sal voorlopig in plek bly, volgens die Polokwane-munisipaliteit.

Die Ebenezerdam by Haenertsburg se vlak het to 60% gestyg. Foto: Verskaf

Die Tzaneendam is luidens die nuutste inligting van die departement van water en sanitasie vandeesweek 80% vol teenoor verlede jaar se 11%.

Verlede week het die dam se vlak tot by 61% gestyg.

Volgens die departement se syfers is Limpopo se damme nou 84,7% vol teenoor verlede jaar se 73,1% in die ooreenstemmende tyd.

Verskeie damme in die noorde van Limpopo is ook meer as 100% vol.

Die Nzhelele-dam is 106% vol teenoor verlede jaar se 53%. Die Nandoni-dam buite Thohoyandou is 104% vol.

Die Limpoporivier is ook die eerste keer in meer as twee jaar in vloed. Inwoners langs die rivier hou die stygende watervlak dop. Daar is in 2017 groot skade aan plase aangerig toe die Limpoporivier sy walle oorstroom het.

Verskeie nedersettings in die Musina-omgewing het groot skade weens die swaar reën van die afgelope twee weke opgedoen.

Nkakareng Rakgoale, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in Limpopo, het verlede week kospakkies en komberse in die Madimbo-nedersetting in die Vhembe-distrik uitgedeel.

Intussen is die pad wat na die Groblersbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Botswana lei, erg beskadig weens die onlangse reën. Die departement van paaie en vervoer in Limpopo het gesê dat die grenspos vir die volgende vier weke gesluit sal wees vir herstelwerk.

Die R33-pad tussen Vaalwater en Lephalale is die naweek vir verkeer gesluit weens skade. Verskeie grondpaaie het ook in die Waterberg-distrik verspoel.

grafika
Die R33-pad tussen Vaalwater en Lephalale in Limpopo is vir verkeer gesluit ná vloede. Foto: Facebook/Marlene van Staden
Meer oor:  Limpopo  |  Vloede  |  Reën  |  Vloedwater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.