Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
DBV verwyder siek leeuwelpies van wildplaas in NW

Twee leeuwelpies op ’n plaas in Noordwes is so erg verwaarloos dat die Dierebeskermingsvereniging (DBV) hulle verwyder het.

Hulle het gesukkel om te loop en het tekens van ’n neurologiese siekte getoon met die besoek van DBV-personeel aan die plaas Donderdag.

Een van die leeuwelpies waarop die DBV beslag gelê het op ’n plaas in Noordwes. Die welpies toon tekens van ’n neurologiese siekte en het gesukkel om te loop.Foto: DBV

Douglas Wolhuter, ’n inspekteur van die DBV se wildbeskermingseenheid, sê hy en sy span het ’n wenk gekry oor die haglike toestande waarin die welpies op die plaas aangehou word.

Die ligging van die plaas en die naam van die eienaars sal nie bekend gemaak word voordat die ondersoek nie afgehandel is nie.

Albei die welpies is in die sorg van ’n veearts.

“Die volgende 48 uur is kritiek – ons behoort teen Maandag te weet wat die prognose is en of hulle gaan leef,” sê Wolhuter.

Nog veeartse sal gestuur word om ander groot katte op die plaas te ondersoek.

Leeus, rooikatte, tiere en luiperds is glo aangehou in kampe sonder skoon drinkwater en met te min skuiling teen die elemente. Van die kampe was oorvol, “vuil en parasities”. Van die leeus het 27 brandsiekte.

Die rooikatte was oorgewig en kan hulself nie skoon hou nie.

“Dit is hartseer dat enige dier in sulke omstandighede en met sulke siektes moet leef. Die feit dat hulle reeds in onnatuurlike omstandighede in gevangenskap moet leef, maak dit net soveel erger.

“Die ondersoek is nog aan die gang en die DBV is van plan om die sterkste saak moontlik na die hof te bring,” sê Wolhuter.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.