Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Die weer in jou streek Dinsdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor ’n uiters groot brandgevaar oor die binneland van die Noord-Kaap, westelike dele van die Vrystaat en Noordwes, Sentraal Karoo en die Klein-Karoo in die Wes-Kaap en noordelike dele van die Oos-Kaap.

Erge donderstorms word ook teen die middag oor die westelike dele en middelland van KwaZulu-Natal verwag.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en baie warm met enkele buie en donderbuie in die suide.

* Pretoria: 18 °C tot 34 °C

* Johannesburg: 17 °C tot 32 °C

* Vereeniging: 15 °C tot 32 °C

Mpumalanga

Motreën en miskolle die oggend langs die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie in die middag en donderbuie oor die suidelike Hoëveld.

* Mbombela: 18 °C tot 28 °C

Limpopo

Motreën en miskolle die oggend langs die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm.

* Polokwane: 16 °C tot 28 °C

Noordwes

Sonnig en baie warm, wat gedeeltelik bewolk raak in die middag met donderbuie oor die sentrale en suidwestelike dele.

* Mahikeng: 21 °C tot 33 °C

* Vryburg: 20 °C tot 36 °C

Vrystaat

Mooiweer en warm tot baie warm, wat gedeeltelik bewolk raak in die middag met donderbuie.

* Bloemfontein: 14 °C tot 36 °C

Noord-Kaap

Sonnig en baie warm, raak gedeeltelik bewolk in die middag met enkele donderbuie in die verre noordooste. Koel aan die noordkus met miskolle die aand en ’n matige noordewind aanvanklik, andersins matig tot fris westelike tot suidwestewind.

* Kimberley: 18 °C tot 37 °C

* Upington: 18 °C tot 38 °C

Wes-Kaap

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm, maar koel langs die suidwestelike kusgebiede met bewolkte weer aanvanklik. Baie warm op plekke in die sentrale binneland. Matige tot fris suidwestelike tot westewind aan die suidkus, andersins matige tot fris westelike tot noordwestewind, maar sterk aan die suidwestelike kus in die aand.

* Kaapstad: 16 °C tot 23 °C

* George: 16 °C tot 28 °C

Oos-Kaap

Mooiweer en warm tot baie warm in die westelike helfte van die provinsie, wat gedeeltelik bewolk raak oor die oostelike binneland in die middag. Fris tot sterk noordoostewind langs die kus wat ’n matige suidwestewind teen die aand raak.

Sonnig en warm tot baie warm in die oostelike helfte van die provinsie, wat gedeeltelilk bewolk raak oor die binneland in die middag met enkele buie en donderbuie wat na die kus versprei. Fris tot sterk noordoostewind aan die kus.

* Port Elizabeth: 16 °C tot 25 °C

* Oos-Londen: 17 °C tot 25 °C

KwaZulu -Natal

Bewolk met mis die oggend oor die binneland, andersins sonnig en warm tot baie warm op plekke in die noorde en weste. Gedeeltelik bewolk in die middag met enkele buie en donderbuie, maar verspreid in die weste en middellande. Matige tot fris oostelike tot noordoostewind aan die kus wat sterk op plekke teen laatmiddag kan raak.

* Durban: 19 °C tot 28 °C

* Richardsbaai: 19 °C tot 30 °C

* Pietermaritzburg: 15 °C tot 31 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.