Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Die weer in jou streek Donderdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor ’n uiters hoë brandgevaar Donderdag oor die oostelike helfte van die Noord-Kaap en die westelike dele van Noordwes.

Warm en bedompige weer kan ongemaklike toestande veroorsaak in die noordooste van KwaZulu-Natal.

Gauteng

Sonnig en warm, maar gedeeltelik bewolk in die middag.

* Pretoria: 19 °C tot 34 °C

* Johannesburg: 17 °C tot 32 °C

* Vereeniging: 17 °C tot 32 °C

Mpumalanga

Sonnig en warm, maar baie warm oor die Laeveld. Gedeeltelik bewolk oor die Hoëveld teen die middag.

* Mbombela: 19 °C tot 35 °C

Limpopo

Sonnig en warm, maar baie warm in die westelike Bosveld en die Laeveld.

* Polokwane: 15 °C tot 32 °C

Noordwes

Gedeeltelik bewolk, winderig en warm.

* Mahikeng: 21 °C tot 35 °C

* Vryburg: 18 °C tot 36 °C

Vrystaat

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm, met enkele buie en donderbuie in die ooste en die noordooste.

* Bloemfontein: 13 °C tot 32 °C

Noord-Kaap

Aanvanklik bewolk, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot koud, maar warm op plekke in die ooste en die verre weste. ’n Matige suidewind langs die kus raak teen die middag ’n fris tot sterk suidoostewind.

* Kimberley: 15 °C tot 33 °C

* Upington: 12 °C tot 31 °C

Wes-Kaap

Bewolk oor die weste en suide, met aanvanklik enkele buie oor die suidweste, andersins gedeeltelik bewolk en koel, maar sonnig oor die oostelike binneland waar dit warm sal wees. Matige weste- tot suidwestewind aan die kus in die weste, maar sterk in die suide.

* Kaapstad: 14 °C tot 18 °C

* George: 12 °C tot 21 °C

Oos-Kaap

Sonnig en warm oor die westelike helfte van die provinsie, maar bewolk en koel met enkele buie die oggend langs die kus en die omliggende binneland. ’n Fris tot sterk suidwestewind aan die kus, wat byna stormsterk raak in die middag.

Gedeeltelik bewolk en warm in die oostelike helfte van die provinsie, maar bewolk en koel met enkele buie en reën suid van die platorand, maar verspreid langs die kus. ’n Matige suidwestewind aan die kus, maar sterk in die suide in die middag.

* Port Elizabeth: 15 °C tot 21 °C

* Oos-Londen: 16 °C tot 22 °C

KwaZulu -Natal

Mis die oggend oor die oostelike binneland, andersins sonnig en warm tot baie warm, maar koel in die suidooste waar dit gedeeltelik bewolk sal wees. Bewolk in die middag met verspreide buie in die suidooste, andersins enkele buie en donderbuie behalwe in die verre noorde. Matige tot fris noordoostewind aan die kus, maar suidwestelik in die suide wat teen laatmiddag na die noorde sal versprei.

* Durban: 19 °C tot 22 °C

* Richardsbaai: 21 °C tot 29 °C

* Pietermaritzburg: 17 °C tot 23 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.