Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Die weer in jou streek Saterdag

Dit sal Saterdag mooiweer en koud wees oor die grootste deel van die land. 

Gedeeltelik bewolkte weer behoort die oggend oor die Oos-Kaap voor te kom en teen die middag oor die Wes-Kaap en suidweste van die Noord-Kaap.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Vrydag ook gewaarsku teen hoë deinings van selfs meer as 6 m wat tussen Oos-Londen en Richardsbaai kan voorkom. Dit behoort teen laatoggend op te klaar.

’n Satellietfoto van die Suid-Afrikaanse Weerdiens wys digte wolke oor die suidooste en noordoostelike dele van die land teen vroeg Vrydagmiddag, met sneeu wat in Lesotho opgemerk is. Teen Saterdag word mooiweer oor meeste van die land verwag.Foto: @SAWeatherService

Gauteng

Sonnige weer met koel temperature word oor die grootste deel van die provinsie verwag, met maksimum temperature wat meestal onder 20 °C sal wees.

Vir Johannesburg word ’n maksimum van 16 °C voorspel en ’n minimum van net 3 °C. Vir Pretoria word ’n maksimum van 18 °C voorspel.

Noordwes

Mooiweer word verwag, met minimum temperature wat tot onder vriespunt kan daal.

’n Maksimum van 19 °C word vir Mahikeng voorspel en 17 °C vir Potchefstroom.

Temperature kan daal tot -4 °C in Taung en -1 °C in Potchefstroom.

Limpopo

Sonnige weer en maksimum temperature van net bo 20 °C word verwag.

’n Maksimum van 20 °C word vir Polokwane voorspel.

Mpumalanga

Mooiweer veral in die ooste van die provinsie. In die westelike dele kan minimum temperature tot by vriespunt daal.

Vir Mbombela word ’n maksimum van 21 °C voorspel.

Vrystaat

Sonnige, maar koue weer word verwag oor die grootste deel van die provinsie, met minimum temperature van so laag as -5 °C.

Vir Bloemfontein word ’n maksimum van 14 °C voorspel en ’n minimum van -4 °C.

Temperature kan tot -5 °C op Aliwal-Noord daal.

Noord-Kaap

Ryp kan die oggend oor die binneland voorkom, terwyl mooiweer oor die grootste deel van die provinsie verwag word. Gedeeltelik bewolkte weer word teen die middag  oor die suidweste by Calvinia en Sutherland verwag.

’n Maksimum van 16 °C word vir Kimberley voorspel en ’n minimum van -5 °C.

Temperature kan ook tot -3 °C in Sutherland en -2 °C in De Aar daal.

Wes-Kaap

Mooiweer met maksimum temperature rondom 20 °C word oor die grootste deel van die provinsie verwag, met gedeeltelik bewolkte weer teen die middag. ’n Matige noordwestewind word op plekke verwag en dit kan tot 40 km/h in Beaufort-Wes, Laingsburg en Worcester bereik.

Ryp kan die oggend ook oor die binneland voorkom.

Vir Kaapstad is ’n maksimum van 18 °C voorspel en 21 °C in George.

Oos-Kaap

Gedeeltelik bewolkte weer en mis word in die oggend veral oor die binneland verwag, met mooiweer oor die grootste deel van die provinsie teen die middag.

’n Maksimum van 19 °C word vir Port Elizabeth voorspel.

Temperature kan tot -1 °C in Cradock en 0 °C in Queenstown daal.

KwaZulu-Natal

Mooiweer word oor die grootstge deel van die provinsie verwag, met gedeeltelik bewolkte weer en mis die oggend oor die noordelike binneland.

Vir Durban en Richardsbaai word ’n maksimum van 20 °C voorspel.

In Kokstad kan temperature tot -3 °C daal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.