SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Omgewing
Die weer in jou streek Saterdag

Nog sneeuneerslae word Saterdag oor die Sneeu-, Outeniekwa-, Kouga- en Tsitsikammaberge verwag, terwyl daar ’n hoë risiko van vloede is in die noordoostelike dele van KwaZulu-Natal en die oostelike dele van Mpumalanga is.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en koel met geïsoleerde donderstorms in die oggend in die noorde. Minimum en maksimum temperature – Pretoria: 11 °C en 22 °C; Johannesburg: 9 °C en 19 °C; Vereeniging: 6 °C en 18 °C.

Mpumalanga

Gedeeltelik bewolk en warm, behalwe in die Laeveld waar dit baie warm sal wees met geïsoleerde reën- en donderstorms met dele in die ooste waar swaar reënbuie verwag word. Minimum en maksimum temperature – Mbombela: 18 °C en 27 °C.

Limpopo

Gedeeltelik bewolk en warm, behalwe in die Limpopo-vallei waar dit baie warm sal wees met geïsoleerde reën- en donderstorms. Verspreide reënbuie kan ook verwag word oor die platorand en in die Laeveld. Minimum en maksimum temperature – Polokwane: 19 °C en 27 °C.

Noordwes

Gedeeltelik bewolk en koel tot koud, behalwe in die weste waar dit baie warm sal wees met geïsoleerde reënbuie.

Minimum en maksimum temperature – Mahikeng: 4 °C en 19 °C; Vryburg: -1 °C en 14 °C.

Vrystaat

Bewolk en koel tot koud. Bewolk in die noorde en ooste waar geïsoleerde reënbuie verwag kan word.

Minimum en maksimum temperature – Bloemfontein: -1 °C en 14 °C.

Noord-Kaap

Bewolk en baie koud oor die suidelike binneland. Andersins gedeeltelik bewolk tot sonnig en koud met geïsoleerde reënbuie in die suidooste.

Die wind langs die kus sal sterk suidoos waai in die agtermiddag. Minimum en maksimum temperature – Kimberley: -1 °C en 15 °C; Upington: 1 °C en 17 °C.

Wes-Kaap

Bewolk en koud met reënbuie in die ooste wat later sal verskuif na die oostelike kuslyn.

Elders sal dit gedeeltelik bewolk en sonnig wees.

Die wind langs die kus sal matig tot sterk suidoos langs die wes- en suidweskus waai, andersins in ’n suidelike na suidwestelike rigting. Minimum en maksimum temperature – Kaapstad: 10 °C en 16 °C; George: 6 °C en 11 °C.

Oos-Kaap

Bewolk en koud met reën in die oostelike dele van die provinsie, andersins gedeeltelik bewolk en sonnig. Minimum en maksimum temperature – Port Elizabeth: 7 °C en 14 °C; Oos-Londen: 9 °C en 16 °C.

KwaZulu-Natal

Bewolk en koud oor die binneland en baie koud in die suidweste, waar sneeuval in die aand verwag kan word. Verspreide reënbuie en donderstorms kan verwag word oor die noordoostelike dele waar swaar reën verwag word.

Minimum en maksimum temperature – Durban: 12 °C en 18 °C; Richardsbaai: 15 °C en 19 °C; Pietermaritzburg: 10 °C en 16 °C.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.