Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Die weer in jou streek vir die groot rugbydag

Suid-Afrikaners kan Saterdag in hul groen-en-goud met ’n koue drinkdingetjie regsit vir die Wêreldbeker-eindstryd tussen Suid-Afrika en Engeland met ’n redelik warm dag wat vir die grootste deel van die land voorspel word.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag wel toestande wat wegholveldbrande in die sentrale en suidelike binneland van die Noord-Kaap, Sentraal-Karoo-distriksmunisipaliteit van die Wes-Kaap en noordelike binneland van die Oos-Kaap kan meebring.

Gauteng

Dit sal bewolk en warm word met verspreide reën en donderbuie, maar enkeles in die noorde.

* Pretoria: 16 °C tot 27 °C

* Johannesburg: 16 °C tot 25 °C

* Vereeniging: 16 °C tot 25 °C

Mpumalanga

Oggendmiskolle word langs die platorand verwag. Dit sal andersins bewolk en koel word met reën en enkele donderbuie, maar verspreid in die weste en suide. Op plekke in die Laeveld sal dit warm wees.

* Mbombela: 16 °C tot 21 °C

Limpopo

Oggendmiskolle sal langs die platorand voorkom. Dit word andersins gedeeltelik bewolk en warm. Dit word bewolk in die weste en suide waar reën en enkele donderbuie verwag word.

* Polokwane: 17 °C tot 26 °C

Noordwes

Bewolk en warm met reën en verspreide donderbuie, maar sonnig vanaf die weste.

* Mahikeng: 18 °C tot 28 °C

* Vryburg: 16 °C tot 31 °C

Vrystaat

Bewolk en warm met reën en enkele donderbuie, maar verspreid in die noorde en ooste waar dit koel sal wees.

* Bloemfontein: 14 °C tot 30 °C

Noord-Kaap

Baie warm in die noordelike binneland, andersins sonnig en warm. Dit sal gedeeltelik bewolk in die ooste word.

Die wind langs die kus waai lig en veranderlik, maar word teen die middag matig suid tot suidwes.

* Kimberley: 16 °C tot 31 °C

* Upington: 15 °C tot 33 °C

Wes-Kaap

Dit sal sonnig en warm word. Andersins bewolk tot gedeeltelik bewolk en koel in die westelike en suidwestelike dele. In die middag sal ligte reën in die aand voorkom, wat na verwagting tot langs die suidkus sal uitbrei. Op plekke in die noordoostelike binneland sal dit baie warm wees.

Die wind langs die kus waai lig en veranderlik, andersins matig tot taamlik sterk noordwes suid van Kaap Columbine. Dit word sterk suid van Kaappunt. Teen laataand sal dit matig suidwes tot wes word.

* Kaapstad: 15 °C tot 21 °C

* George: 12 °C tot 23 °C

Oos-Kaap

In die westelike deel van die provinsie word dit baie warm op plekke in die binneland. Dit sal andersins sonnig en warm word, maar die middag langs die kus gedeeltelik bewolk. Die wind langs die kus waai matig tot taamlik sterk suidwes.

In die oostelike deel van die provinsie word dit sonnig en baie warm, maar gedeeltelik bewolk in die noordooste.

Die wind langs die kus waai matig suidwes.

* Port Elizabeth: 15 °C tot 24 °C

* Oos-Londen: 17 °C tot 28 °C

KwaZulu-Natal

In die oggend sal mis in die binneland voorkom, dit sal andersins gedeeltelik bewolk en warm wees. Reën en enkele donderbuie word verwag, maar in die weste verspreid.

Die wind langs die kus waai matig tot taamlik sterk noordoos, maar word suidwes langs die suidkus teen die aand.

* Durban: 18 °C tot 28 °C

* Richardsbaai: 19 °C tot 28 °C

* Pietermaritzburg: 14 °C tot 31 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.