Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Die weer in jou streek Woensdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor ’n uiters hoë brandgevaar Woensdag oor die binneland van die Noord-Kaap, verre westelike dele van Noordwes, westelike en sentrale dele van die Vrystaat, die Klein-Karoo in die Wes-Kaap en die noordelike dele van die Oos-Kaap.

Sterk winde word verwag in die Dr. Beyers Naudé-, Blue Crane Route-, Inxuba Yethemba-, Raymond Mhlaba-, Enoch Mgijima- en Walter Sisulu-munisipaliteit in die Oos-Kaap, sowel as die Karoo-Hoogland-munisipaliteit in die Noord-Kaap en Sentraal-Karoo, die Breedevallei en Langeberg in die Wes-Kaap.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm.

* Pretoria: 19 °C tot 35 °C

* Johannesburg: 17 °C tot 32 °C

* Vereeniging: 17 °C tot 32 °C

Mpumalanga

Sonnig en warm, maar baie warm oor die Laeveld en gedeeltelik bewolk in die suide.

* Mbombela: 17 °C tot 33 °C

Limpopo

Mooiweer en warm, maar baie warm oor die Laeveld en in die Limpopovallei.

* Polokwane: 15 °C tot 31 °C

Noordwes

Gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie die middag in die weste, andersins sonnig en warm.

* Mahikeng: 20 °C tot 33 °C

* Vryburg: 19 °C tot 36 °C

Vrystaat

Gedeeltelik bewolk en baie warm, met enkele buie en donderbuie die middag.

* Bloemfontein: 16 °C tot 32 °C

Noord-Kaap

Koud oor die suidelike dele, andersins gedeeltelik bewolk en koel, maar warm in die ooste met enkele buie en donderbuie in die noordooste waar dit baie warm kan word. ’n Ligte wind langs die kus, andersins ’n matige tot fris weste- tot suidwestewind.

* Kimberley: 18 °C tot 35 °C

* Upington: 17 °C tot 36 °C

Wes-Kaap

Bewolk en koel met ligte reën oor die suidwestelike dele, andersins gedeeltelik bewolk en warm met sterk binnelandse winde. ’n Matige tot fris noordwestewind word aan die kus verwag, wat wes tot suidwes draai en sterk raak tussen Kaappunt en Kaap Agulhas in die middag.

* Kaapstad: 15 °C tot 19 °C

* George: 14 °C tot 23 °C

Oos-Kaap

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die westelike helfte van die provinsie met enkele buie en donderbuie oor die oostelike binneland. Dit raak later bewolk langs die kus en omliggende binneland met enkele buie. ’n Ligte tot matige suidwestewind langs die kus, maar fris tot sterk in die ooste.

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die oostelike helfte van die provinsie met enkele buie en donderbuie. ’n Ligte noordwestewind word aan die kus verwag wat ’n fris tot sterk suidwestewind raak van die suide af.

* Port Elizabeth: 16 °C tot 24 °C

* Oos-Londen: 16 °C tot 25 °C

KwaZulu -Natal

Bewolk in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm. Enkele buie en donderbuie die middag, behalwe in die verre noordooste. ’n Matige tot fris noord- tot noordoostewind aan die kus, wat teen die aand suidwestelik sal waai.

* Durban: 22 °C tot 30 °C

* Richardsbaai: 21 °C tot 33 °C

* Pietermaritzburg: 18 °C tot 37 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.