Daar is Woensdag toestande wat gunstig is vir wegholveldbrande in Beaufort-Wes en Bergrivier in die Wes-Kaap, sowel as die noordelike dele van die Namakwa-distrik in die Noord-Kaap. Reën kan ook Woensdag lei tot oorstromings in die westelike dele van Noordwes en die verre noordoostelike dele van die Noord-Kaap, die westelike en sentrale dele van die Vrystaat, asook die oostelike binneland van die Oos-Kaap.
Gauteng
Bewolk en koel tot warm met enkele donderbuie wat meer verspreid in die verre suidelike dele sal voorkom.
• Pretoria: 18° C tot 27 °C
• Johannesburg: 17 °C tot 25 °C
• Vereeniging: 17 °C tot 25 °C
Mpumalanga
Gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie.
• Mbombela: 20 °C tot 28 °C
Limpopo
Gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie.
• Polokwane: 18 °C tot 26 °C
Noordwes
Bewolk en koel tot warm met verspreide donderbuie, veral oor die westelike dele.
• Mahikeng: 17 °C tot 25 °C
• Vryburg: 19 °C tot 24 °C
Vrystaat
Bewolk en koel tot warm met verspreide donderbuie, veral oor die westelike en suidelike dele.
• Bloemfontein: 16 °C tot 23 °C
Noord-Kaap
Koel langs die kusgebied met mis in die oggend, andersins sonnig en koel tot warm in die noordooste. Bewolk met donderbuie in die ooste later die dag.
• Kimberley: 16 °C tot 21 °C
• Upington: 21 °C tot 33 °C
Wes-Kaap
Mistig in die oggend langs die weskus, andersins gedeeltelik bewolk en warm, maar bewolk en koel langs die kusgebied en die aangrensende binneland waar ligte reën verwag word.
• Kaapstad: 17 °C tot 24 °C
• George: 17 °C tot 21 °C
Oos-Kaap
In die weste sal dit bewolk en koel wees met enkele donderbuie, wat meer verspreid in die ooste sal voorkom.
In die ooste sal dit bewolk en koel wees met wydverspreide donderbuie, veral in die noorde.
• Port Elizabeth: 18 °C tot 23 °C
• Oos-Londen: 19 °C tot 23 °C
KwaZulu-Natal
Gedeeltelik bewolk en warm. Koel in die suidweste. Bewolk later die dag met donderbuie in die noordooste.
• Durban: 21 °C tot 27 °C
• Richardsbaai: 23 °C tot 31 °C
• Pietermaritzburg: 19 °C tot 29 °C