Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Die weer Saterdag in jou streek

Swaar reën wat tot oorstromings kan lei, word Saterdag oor die Kaapse metropool, Wes-Kaapse wynlande en die Overberg verwag, voorspel die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD).

Die SAWD waarsku teen hoë brandgevaartoestande in die noordelike dele van die Chris Hani- en Sarah Baartman-distrik in die Oos-Kaap.

Gauteng

Ryp word in die suidelike dele verwag, andersins sal dit sonnig en koel wees. ’n Koel dag word in Pretoria verwag met temperature van 6 °C en 23 °C. In Johannesburg sal dit ook koel wees met temperature wat wissel tussen 6°C en 22 °C. ’n Yskoue oggend word vir Vereeniging voorspel (-1 °C en 20 °C).

Mpumalanga

Saterdagoggend sal dit sonnig en koel wees, maar warm oor die Laeveld. ’n Koel dag word vir Nelspruit voorspel (7 °C en 24 °C)

Limpopo

Dit sal sonnig en koel wees. Polokwane se temperature is 4 °C en 22 °C.

Noordwes

In die suidwestelike dele sal daar aanvanklik ryp wees. Andersins word sonnige, koel tot koue weer voorspel. Mahikeng sal Saterdag koel wees (3 °C en 23 °C). Vryburg sal aanvanklik baie koud wees met ’n oornagtemperatuur van -2 °C en ’n maksimumtemperatuur van 24 °C.

Vrystaat

Ryp sal in die oostelike dele voorkom maar andersins sal dit sonnig en koel wees, maar koud langs die grens van Lesotho. Bloemfontein se temperature is 1 °C en 22 °C.

Noord-Kaap

Dit sal bewolk en mistig in die oggend langs die kus en aangrensende binneland wees. Andersins word sonnige, koel weer voorspel. Dit sal gedeeltelik bewolk word in die suidwestelike dele met reën in die aand. Kimberley sal koel wees (3 °C en 24 °C) en Upington (5 °C en 23 °C).

Wes-Kaap

Saterdag sal dit gedeeltelik bewolk en koud tot koel wees. Dit sal bewolk word met reënbuie in die aand in die oostelike en westelike dele, wat verspreid sal wees in die verre suidwestelike dele. Dit sal ’n koue dag wees in Kaapstad (14 °C en 16 °C). George sal koel wees (10 °C en 23 °C).

Oos-Kaap

Saterdag sal dit sonnig en warm wees, maar bewolk word in die suidwestelike dele, met reënbuie in die aand langs die suidkus, wes van Kaap St. Francis.

Dit sal ook sonnig en warm wees in die oostelike dele van die provinsie, maar koel noord van die platorand. ’n Baie warm dag word vir Oos-Londen voorspel met temperature wat sal wissel tussen 14 °C en 19 °C. Dit sal koeler wees in Port Elizabeth met temperature van 13 °C en 23 °C.

KwaZulu-Natal

Dit sal sonnig en koel wees, maar warm in die oostelike dele. ’n Warm dag word vir Durban voorspel met temperature van 10 °C en 26 °C. Richardsbaai sal ook warm wees (14 °C en 27 °C) en Pietermaritzburg (9 °C en 26 °C).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.