Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Dieregroep woedend oor doodmaak van leeuwelpie
Die veediefstaleenheid se beamptes wat Simba, die leeuwelpie, in Athlone opgespoor en gered het.Foto: Verskaf

Four Paws is woedend oor CapeNature ’n leeuwelpie, wat in Augustus vanjaar in Athlone gekonfiskeer is, dieselfde dag nog van kant laat maak het.

Lede van die veediefstaleenheid het die welpie by ’n huis in Athlone gekry.

Sulaiman Effendi, Shurud Jacobs en Moegamat Simons is aangekla van die onwettige besit van ’n bedreigde spesie, en hul saak in die landdroshof in Wynberg duur voort.

Fiona Miles, direkteur van Four Paws in Suid-Afrika, sê CapeNature het verskeie ander opsies gehad, maar het die opdrag gegee dat die welpie van kant gemaak word.

“Dit was ’n besluit wat op swak inligting gegrond is en hulle was oningelig oor verskeie faktore,” sê Miles.

Volgens haar is die welpie in aanhouding geteel en nie in die natuur gebore soos CapeNature sê nie.

Four Paws verwelkom die ondersoek teen CapeNature om te bepaal of die korrekte prosesse en protokols gevolg is.

“Drakenstein-leeupark het aangebied om die leeutjie te vat. Dié plek is een van vyf etiese toevlugsoorde vir leeus in Suid-Afrika en dit is duidelik dat CapeNature geen navorsing gedoen het om te bepaal of Drakenstein inderdaad ’n geskikte plek vir die welpie sou wees het nie.

“CapeNature het beweer hy sou vir geldelike gewin uitgebuit word, maar die inkomste wat besoekers by Drakenstein betaal, word gebruik om die diere kos te gee, seker te maak hulle is gesond en om die publiek in te lig oor gebliktejag- en ander onetiese bedrywe.”

Miles sê gegewe die feit dat CapeNature besluit het om die welpie op dieselfde dag van kant te laat maak, is dit moeilik om te glo daar was enige konsultasie of behoorlike oorwegings om die beste uitkoms die dier te bepaal.

Verskeie organisasies het aangebied om Simba, soos die welpie gedoop is, permanent te huisves.

“Four Paws verwelkom die ondersoek teen CapeNature om te bepaal of die korrekte prosesse en protokols gevolg is. Ons hoop die ondersoek word verder uitgebrei na die veearts wat hom van kant gemaak het en om te bepaal of die nodige omsigtigheid gedoen is voordat ’n gesonde leeuwelpie doodgemaak is,” het sy gesê.

Volgens Four Paws moet alle lewe gerespekteer word, wat nie in dié voorval gebeur het nie.

CapeNature het ten tye van publikasie nog nie op navrae gereageer nie, maar het aangedui dat hulle teen Maandag terugvoering sou gee.

Meer oor:  Four Paws  |  Capenature  |  Leeuwelpie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.