Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Dís die 12 goed wat morsjorse op strande los

Twaalf alledaagse plastiekvoorwerpe, wat die strande vol lê en ’n bedreiging vir die seelewe inhou, was Saterdag deel van die gemors wat vrywilligers saam met personeellede van die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad op die strand by Houtbaai opgetel het.

Dit sluit in plastieksakke, pakkies waarin aartappelskyfies verkoop word, sigaretaanstekers, koeldrankbottels, bottelproppe, oorstokkies, vislyn, plastiek-ligfakkels, suigstokkies, strooitjies, lekkergoedpapier en waterbottels.

Wanneer strande skoongemaak word, word dié items getel sodat data bygehou kan word oor watter afvalplastiek op strande en in die see voorkom.

Die Twee Oseane-akwarium waarsku teen 2050 sal die gewig van afvalplastiek in die see swaarder wees as die vis wat daarin voorkom.

En dít is nié die nuus wat ’n mens wil hoor wanneer Wêreld-oseane-dag op 8 Junie gevier word, soos wat Saterdag die geval was nie.

Wêreldwyd is daar egter min goeie nuus oor die oseane.

Die departement van landbou, bosbou en visserye het Vrydag ook in ’n verklaring gesê die uitwissing van haaie vir hul vinne is ’n groot bron van kommer. Die Daar word jaarliks wêreldwyd ’n geraamde 100 miljoen haaie doodgemaak vir hul vinne.

Die departement is bekommerd oor hoe die gradering van internasionale vissery-aanlegte gedoen word en dat die slagting van haaie nie behoorlik gemonitor word nie.

Siphokazi Ndudane, adjunk-direkteur-generaal van visserybestuur van die departement, sê in Suid-Afrika word ’n beleid van beste praktyk by aanlegte vir langlyn-tuna deurgevoer om haaie te beskerm. Dié praktyk word egter nie oral ter wêreld gevolg nie.

Barbara Creecy, nuwe minister van omgewing, bosbou en vissery, het Saterdag op haar beurt in ’n verklaring gesê een van haar fokuspunte gaan wees om die probleem van plastiekbesoedeling in die oseane te ondersoek.

Suid-Afrika, met ’n kuslyn van 2 798 km, het begin om te besef watter waarde die oseane en sy kuslyn tot die land se ekonomie kan lewer.

Sy het gesê dit kan nie in finansiële terme gemeet word nie – veral as ’n mens in ag neem dat dit ook ’n bydrae lewer tot die toerismebedryf. Verder bied gesonde mariene ekostelsels waardevolle bronne vir die vissersbedryf en kleinskaalse vissersgemeenskappe.

Maar met die groeiende ekonomie wat berus op Suid-Afrika se oseane, is daar ook die dringendheid om die mariene ekostelsel te beskerm om die impak van klimaatsverandering en mense daarop te kan deurstaan, sê Creecy.

Lees meer hier

Meer oor:  Twee Oseane-Akwarium  |  Houtbaai  |  Omgewing  |  Besoedeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.