Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Dis nou fyn, pikkewyn

Dr. Chris Oosthuizen van die Universiteit van Pretoria (UP) se departement dierkunde en entomologie is onlangs as wenner aangewys in die Britse Ekologievereniging se fotografiekompetisie, Capturing Ecology.

Die kompetisie is ’n viering van die diversiteit in die ekologie oor die aarde heen.

’n Paneel van ses ekoloë en bekroonde wildfotograwe het Oosthuizen se foto van ’n volwasse koningpikkewyn tussen ’n klomp kuikens op Marion-eiland as wenner gekies.

Dr. Chris Oosthuizen van die Universiteit van Pretoria (UP) se departement dierkunde en entomologie is onlangs in die Britse Ekologievereniging se fotografiekompetisie as wenner gekies vir sy foto van ’n volwasse koningpikkewyn tussen ’n klomp kuikens op Marion-eiland.

“Fotografie vertolk ’n sleutelrol om die natuurbewaringsboodskap oor te dra,” sê Oosthuizen, wat ook al die SA Science Lens-kompetisie van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir die Bevordering van Wetenskap en Tegnologie gewen het.

“Hoewel daar wêreldwyd nog baie koningpikkewyne is, is daar sekere kolonies op eilande naby Antarktika waar hul toekoms bedreig word.”

Oosthuizen het die foto in 2011-2012 op Marion-eiland geneem toe hy ’n lid van ’n span was wat daar oorwinter het.

“Sommige foto’s vertel ’n storie veel beter as woorde,” sê prof. Richard Bardgett, president van die Britse Ekologie­vereniging.

Oosthuizen se foto en ander sal vandeesmaand in Birmingham uitgestal word voordat dit in Januarie na Londen verskuif word.

“Chris se foto toon die ongelooflike lewens van die spesie en skep bewustheid van hul on­seker toekoms.”

Die wêreld se grootste kolonie koningpikkewyne was dié by Île aux Cochons, wat sedert die 1980’s van sowat 500 000 broeipare tot so min as 60 000 in 2017 afgeneem het.

“Daar is baie seevoëls wat meer as renosters of olifante bedreig word en hulle verdien meer aandag,” sê Oosthuizen.

“Veranderings in die wêreld se oseane hou die grootste bedreiging vir koningpikkewyne in, maar daar is ’n klomp ander faktore wat ander seevoëls bedreig.”

Oosthuizen het hom in 2007 die eerste keer by die span aangesluit. Daarna het hy sy MSc en doktorsgraad voltooi. Hy het al verskeie nasionale en inter­nasionale bewaringsreise onderneem, waaronder na Antark­tika.

Verlede jaar het Oosthuizen en prof. Nico de Bruyn, ook van die UP se departement dierkunde en entomologie, die boek Pain Forms the Character uitgegee. Die boek bevat ’n aantal verhale en foto’s oor Marion­eiland.

Oosthuizen se foto en ander sal vandeesmaand in Birmingham uitgestal word voordat dit in Januarie na Londen verskuif word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.