Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Donderbuie is moontlik, waarsku SA Weerdiens

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat hewige donderbuie Saterdagmiddag in die suide van Limpopo, Mpumalanga, Gauteng, die ooste van Noordwes en die noorde van KwaZulu-Natal kan voorkom.

Edward Engelbrecht, ’n weervoorspeller van die SA Weerdiens, sê daar is Saterdag ’n 60%-kans op reën oor Limpopo, Mpumalanga, die noorde van KwaZulu-Natal en Gauteng. In die ooste van Noordwes en die suide van KwaZulu-Natal is daar net ’n 30%-kans op reën wat in die middag verwag word.

Engelbrecht sê daar is Sondag ’n 30%-kans op enkele donderbuie in die noordooste van Gauteng, sowel as die hele Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal. Donderbuie word van die middag af verwag.

Reën word ook vir KwaZulu-Natal voorspel. Dit sal koeler weer Sondag in Durban en Pietermaritzburg meebring.

Meer oor:  Suid-Afrikaanse Weerdiens  |  Mpumalanga  |  Limpopo  |  Gauteng  |  Donderbuie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.