Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Donderstorms, hael in binneland
’n Foto van die hael in die woonbuurt Tuine in Pretoria. Foto: Twitter/ReënvalSA

Kwaai donderstorms, hael en swaar reën het Saterdagmiddag groot dele van die binneland getref.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê veral die omgewing van Kosmos, Ifafi, Schoemansville en Pelindaba in Noordwes het deurgeloop onder hewige donderstorms en haelbuie.

Swaar weer, met meegaande hael en ’n stormsterkwind, het Pretoria en omstreke Saterdagmiddag getref en daarna in ’n oostelike rigting beweeg.

’n Skermgreep van ’n video wat wys hoe die Apiesrivier in vloed is. Foto: Twitter/ReënvalSA

Die Weerdiens het gewaarsku dat donderstorm ook rondom Magaliesburg en in die rigting van Krugersdorp en Randfontein kan woed.

Mense is gewaarsku om uiters versigtig te wees en liefs nie onnodig in dié weer te bestuur nie.

Die SAWD sê gebiede wat geraak word, is Gauteng, die westelike gedeelte van die Bosveld, Limpopo, oostelike gebiede van Noordwes, noordelike dele van die Vrystaat, asook die westelike dele van die Hoëveld in Mpumalanga.

Harde reën by Hekpoort, Magaliesburg. Foto: Twitter/SAWD

Mense word gewaarsku om binneshuis te bly wanneer daar ’n donderstorm is. Hulle moet ook nie onder bome of naby telefoonpale of kragdrade skuil, sport beoefen of visvang nie, want dit hou ’n hoë risiko in.

Bedek ook voertuie om skade weens hael te vermy.

Meer oor:  Donderstorms  |  Hael
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.