Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Droogste, warmste somer nóg

Die gemiddelde temperatuur in Australië, wat tans gebuk gaan onder die ergste bosbrande in menseheugenis, het die afgelope vier maande rekordhoogtes bereik.

Die land se gemiddelde temperatuur vir die huidige somerseisoen is met 2,09 °C oorskry.

Só het die Australiese weerburo verlede week in ’n verklaring gesê. Die vorige hoogste gemiddelde somertemperatuur is in 2013 met 1,59 °C oorskry.

Purkunas die koala sterk gister aan by die Taronga-dieretuin se “hospi-taal” vir wilde diere in Sydney, Australië. Foto: Getty Images

Volgens die weerburo is die temperatuurstyging reeds bo die vlak van 1,5 °C wat deur wetenskaplikes as ’n drempel gestel word om gevaarlike klimaatsverandering te voorkom.

Temperature in Australië sedert 2013 was die hoogste sedert boekhouding daarvan begin het. Die buro skryf die styging aan antropogeniese (mensgeskepte) klimaats­verandering toe.

Verlede jaar was ook die droogste jaar op rekord vir dié land en vasteland. Die gemiddelde reënval was 277,6 mm, terwyl Australië se gemiddelde reënval gewoonlik 465,2 mm is. Boekhouding oor Australië se reënval­syfers het in 1900 begin.

“ ’n Baie sterk positiewe Indiese Oseaan-Dipool (IOD) het die belangrikste invloed op Australië se klimaat gehad en het gelei tot baie lae reënval oor die vasteland heen.”

Prof. Hannes Rautenbach, dekaan van die fakulteit natuur­wetenskappe by Akademia, sê ’n positiewe IOD beteken dat die oseaan by Australië (aan die weskus) baie koud is en reënval onderdruk.

Volgens die buro het die grootse deel van Australië die nuwe jaar met ’n “ernstige reënvaltekort” binnegegaan. Die droogte het al in Januarie verlede jaar begin.

Warm, winderige toestande oor Queensland en Nieu-Suid-Wallis (NSW) het ernstige “vuurweer” meegebring. Bosbrande het in September oor die oostelike dele van Australië vlamgevat en baie woude brand steeds.

Die toestand het ’n omvangryke invloed op mens én dier.

Wetenskaplikes het ons jare gelede al gewaarsku dat klimaatsverandering die omvang en erns van bosbrande in Australië gaan laat toeneem. Ongelukkig het die regering geen ag daarop geslaan nie. Ons vra weer dat klimaatsverandering en gesondheid deel word van die regering se nasionale gesondheidsdepartement.

Die Koninklike Australiese en Nieu-Seelandse Kollege van Psigiaters het in ’n verklaring gesê hy is baie bekommerd oor gemeenskappe wat deur die vernietigende bosbrande geraak is.

“Gemeenskappe, veral dié in NSW, Victoria en dele van Wes-Australië, Tasmanië en gebiede rondom Canberra, ervaar ongekende tye,” lui die verklaring.

Psigiaters en sielkundiges van die kollege is gereed om mense te help om die trauma te verwerk.

“Ons erken dié verskriklike gebeure word regstreeks verbind met die wêreldwye klimaatnoodtoestand en sal voortgaan om met ander saam te werk wat geraak word, nié net deur bosbrande nie, maar ook in tye van vloede, droogtes en siklone.”

Dokters vir die Omgewing (DFE) in Australië het Anthony Albanese, leier van die Arbeiderparty in dié land, geloof nadat hy verklaar het die bosbrande het ’n nasionale openbare gesondheidskrisis veroorsaak en dringende stappe moet gedoen word.

Albanese het in ’n verklaring wat op DFE se Twitterblad gedeel is, gesê slagoffers van die bosbrande het dringend psigiatriese en mediese hulp nodig.

Hy het die Australiese regering gevra om algemene praktisyns by te staan sodat hulle slagoffers van die bosbrande kan help.

“Wetenskaplikes het ons jare gelede al gewaarsku dat klimaatsverandering die omvang en erns van bosbrande in Australië gaan laat toeneem. Ongelukkig het die regering geen ag daarop geslaan nie. Ons vra weer dat klimaatsverandering en gesondheid deel word van die regering se nasionale gesondheidsdepartement.”

Vets For Compassion in Australië het onlangs getwiet hulle het dwarsdeur die nag vars bloekomblare aan verbrande bome gebind en bakke met water uitgesit in ’n poging om beseerde koalas te lok. Bloekomblare is koalas se stapelvoedsel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.