Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Droogte: Reën in noorde eers teen die naweek verwag

Reën word eers teen die naweek in Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Gauteng en KwaZulu-Natal verwag waar damvlakke kommerwekkend laag gedaal het weens buitengewoon hoë temperature te midde van ’n voortslepende droogte.

’n Droogtegeteisterde gebied in Lephalale in Limpopo waar daar eers teen die naweek ’n kans op reën is.Foto: AgriSA

“Daar is vandag en môre ’n bitter skraal kans op reën in Limpopo, Mpumalanga en Gauteng, maar dié prentjie sal teen die naweek darem verander met ’n kans van tussen 30% en 60% op reën in dié gebiede,” sê William Msimanga, ’n weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerkantoor.

Daar word oor die naweek veral in die suidelike dele van die droogtegeteisterde Limpopo reën verwag.

“Dele soos Bela-Bela, Modimolle en Thabazimbi kan reën kry. Die probleem is dat daar slegs plek-plek vir kort rukkies neerslae sal voorkom. Die noordelike dele van die land het veral die afgelope tyd ondergemiddelde reënval gekry,” sê Msimanga.

Volgens hom is daar Woensdag en Donderdag ’n kans op reën in Noordwes en KwaZulu-Natal.

Swaar reën is nou nodig om die droogte se wurggreep te breek,” sê Msimanga.

Christo van der Rheede, adjunk- uitvoerende direkteur van die landbou-organisasie Agri SA, sê dat die droogte nou sy tol eis op mens en dier.

“Boere in Suid-Afrika voer nie net ’n fisieke stryd teen die droogte nie, maar ook ’n sielkundige een. ’n Gebrek aan kontantvloei kom algemeen voor en dit is maar net die begin van talle probleme wat deur die droogte op die spits gedryf word. Dit is juis weens die nood onder boere dat Agri SA met banke hande gevat het om gunstige kredietvoorwaardes en toegewings vir boere te beding. Agri SA moedig ook ander organisasies aan om op ’n strukturele wyse hulpverlening in die vorm van kos, klere of geld aan boere te gee wat nou onder een van die knellendste droogtes in die land se geskiedenis gebuk gaan,” sê Van der Rheede.

Die uitwerking van die knellende droogte by Lephalale in Limpopo. Foto: AgriSA
Die voortslepende droogte eis sy tol in Lephalale in Limpopo. Foto: AgriSA

Volgens Sputnik Ratau, woordvoerder by die departement van water en sanitasie, kan die land tot middel Desember ondergemiddelde reënval verwag.

“Die uitermatig hoë temperature dra by tot verhoogde vlakke van die verdamping by damme. Die voltooiing van bouwerk aan waterprojekte, die opknapping van boorgate in droogtegeteisterde gebiede en die aanstelling van ’n span spesialiste om wanfunksionele waterwerke reg te ruk, is van die maatreëls wat die departement toepas om die droogte die hoof te bied,” sê Ratau.

“Mense kan ook help deur water meer spaarsamig te gebruik. Ons het gebeurlikheidsplanne om te verseker dat die watertoevoer in die tydperk van ondergemiddelde reënval nie onderbreek word nie,” sê Ratau.

Meer oor:  Sputnik Ratau  |  Gauteng  |  Mpumalanga  |  Limpopo  |  Noordwes  |  Kwazulu-Natal  |  Droogte  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.