Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
‘Droogte steeds ’n ramp!’ sê DA in Noord-Kaap
droogte, noord-kaap
Die droogte heers steeds in groot dele van die Noord-Kaap. Foto: Anena Burger

Die nasionale ramptoestand vir droogte moet hernu word sodat broodnodige geld aan die sukkelende landbousektor bewillig kan word.

Die DA in die Noord-Kaap het Vrydag in ’n verklaring gesê hulle dring hierop aan.

Dit kom nadat Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Vrydag aangekondig het dat sy nie die rampverklaring, wat verval het, gaan hernu nie.

Willie Aucamp, DA-parlementslid, sê die DA is bekommerd dat die opheffing van die ramptoestand voortydig is, aangesien daar steeds ’n droogte in die provinsie is.

“Selfs met goeie reënval, sal herstel slegs op lang termyn plaasvind,” sê Aucamp.

“Dit is ’n standpunt wat ons met die Noord-Kaapse provinsiale wetgewer deel, wat ironies genoeg tydens die onderhandelingsmandaat ten gunste van die Wysigingswetsontwerp op die Verdeling van Inkomste gestem het op voorwaarde dat geld vir droogtehulp toegewys word.”

’n Plaashuis in die droogtegeteisterde Noord-Kaap. Foto: Linkie Bessinger

Hieroor het die wetgewer gesê dat as droogtehulp vir die landbousektor nie voldoende is nie, ’n klousule in die Wysigingswetsontwerp op die Verdeling van Inkomste ingesluit moet word wat vereis dat verskillende rolspelers se planne in ooreenstemming gebring moet word om die vereiste impak van toelae vir rampbestuur te verwesenlik.

Aucamp sê die DA veroordeel die ANC-regering se gebrek aan konsultasie met die provinsies.

“Ons wonder ook of Dlamini-Zuma ooit vir pres. Cyril Ramaphosa geraadpleeg het oor haar roekelose besluit om nie die rampverklaring te hernu nie. Ons twyfel dat hy dit sou ondersteun het, aangesien die verwoestende gevolge van die voortslepende droogte vroeër vanjaar aan hom geopenbaar is.”

Volgens Aucamp is dit toenemend duidelik dat ’n eensydige leierskapstyl, wat tydens die koronaviruspandemie ontbloot is, waardevolle provinsiale insette tot niet verklaar, tot die nadeel van Suid-Afrika en die Noord-Kaap.

Aucamp meen die verval van die ramptoestand weens droogte is gedoen om die “bankrot regering” te spaar van die verpligting om genoeg geld vir die landbousektor te gebruik.

“Dit is beslis nie in die beste belange van die landbousektor gedoen nie. Dit het ook nie landbouverwante werkverliese en die bedreiging wat dit vir voedselsekerheid inhou, in ag geneem nie,” sê hy.

Die DA sê hy sal hard probeer om die ramptoestand weens droogte onmiddellik weer in werking te stel.

“Dit sal nie Suid-Afrika of sy mense help as die regering lewens van die koronavirus red, net om lewens deur hongersnood te verloor nie.”

Meer oor:  Ramptoestand  |  Droogte  |  Noord-Kaap  |  Droogtehulp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.