Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Duidelikheid oor visvrekte verkry
Ter Illustrasie

Groter duidelikheid oor die visvrekte op Hartenbos sal waarskynlik eers op 1 November verkry word.

’n Ondersoek is reeds aan die gang nadat grootskaalse visvrekte weer in die Hartenbosrivier voorgekom het, vermoedelik omdat die water te soutloos geword het omdat die riviermond toe is.

Lede van Mosselbaai se burgemeesterskomitee en senior bestuurslede van die Mosselbaai-munisipaliteit vergader Dinsdag oor die kwessie.

Besorgde inwoners het Saterdagnag self die riviermond oopgemaak nadat visvrekte daar voorgekom het. Dit is as ’n tussentydse maatreël tot ná die Desembervakansie gedoen. Die ideaal is dat dit permanent moet oop bly.

Van die inwoners sê dit was ten goede dat die mond oopgemaak is. Dit het blykbaar verligting gebring, maar die probleem is nog nie heeltemal opgelos nie.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vroeër gevra dat die riviermond van die Hartenbosrivier minstens tot ná die Desembervakansie moet oop bly.

Louis Cook, voorsitter van AfriForum in Mosselbaai, sê toe lede van die organisasie Sondagoggend by die mond aankom, het hulle gesien dat dit deur inwoners oopgemaak is.

Cook sê dit is nie die eerste keer dat visvrekte daar voorkom nie.

Duisende soutwatervisse – grotes en kleintjies – het die afgelope paar dae gevrek. Krappe en sandkrewels het ook gevrek.

Duisende soutwatervisse – grotes en kleintjies – het die afgelope paar dae gevrek. Krappe en sandkrewels het ook gevrek.

Dit het vanjaar al meer as een keer gebeur. Vroeg vanjaar is vergaderings gehou en toetse is gedoen.

Niks is daarna gedoen nie.

Cook sê die probleem is dat die riviermond van die Hartenbosrivier gewoonlik toe is.

AfriForum het 14 dae gelede die soutgehalte van die rivier getoets en dit was toe al baie laag. “Die visse kan nie in sulke water leef nie.”

Hy sê AfriForum het Saterdagaand ’n vergadering vir Sondagoggend om 09:00 belê toe die organisasie van die jongste situasie bewus geword het. Dit is deur Dirk Kotzé, Mosselbaai se onderburgemeester, en verteenwoordigers van die Eden-distriksmunisipaliteit bygewoon.

Toe ons daar opdaag, het ons gesien dat besorgde inwoners die mond oopgemaak het.

“Toe ons daar opdaag, het ons gesien dat besorgde inwoners die mond oopgemaak het. Dit het veroorsaak dat baie van die visse in die see gespoel het, maar van hulle het ook weer op die strand uitgespoel.”

Volgens Cook het Kotzé onderneem om aandag aan die saak te gee.

AfriForum is bekommerd dat dit ’n gesondheidsgevaar kan inhou. Daar was kinders wat van die dooie visse wou optel, maar gelukkig is hulle betyds gekeer.

Hy sê as die riviermond oop is, sal dit die soutgehalte van die water verhoog en die probleem oplos.

Kotzé sê die munisipaliteit staan nie onsimpatiek teenoor die situasie nie. “Ons wil dit graag oplos.” Volgens hom is dit ’n veelvuldige probleem. Hy het Maandag gaan kyk. Daar loop wel water van die Hartebeeskuildam in die Hartenbosrivier. Sover vasgestel kon word het geen riool in die rivier beland nie.

Meer oor:  Hartenbos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.