Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Aarde-uur wil klem plaas op ons 'verslawing aan steenkool'

Aarde-uur, of dan Earth Hour, die jaarlikse projek van die Wêreldnatuurfonds (WWF) waar almal aangemoedig word om hul ligte vir ’n uur af te skakel, word vanjaar op sy kop gekeer met die versoek dat ondersteuners die die fokus plaas op die kwessie van die dag - hoe om die ligte aan te hou op 'n wyse wat goed is vir die mensdom sowel as die planeet. 

Dr. Morné du Plessis, uitvoerende hoof van die WWF in Suid-Afrika, sê mense word wêreldwyd gevra om op ’n bepaalde dag (vanjaar op Saterdag 28 Maart tussen 20:30 en 21:30) hul ligte vir ’n uur af te skakel, maar in in Suid-Afrika, "waar Eskom die ligte namens ons afskakel, sal dit meer gepas wees om hierdie simboliese oomblik te gebruik om as't ware 'n lig te laat skyn op die kragkrisis in die land en klem te plaas op die verband tussen die wêreldwye klimaatskrisis en ons verslawing aan steenkool".

Du Plessis sê volgens klimatoloë kan Suidelike-Afrika teen twee keer die pas warmer temperature begin beleef as die res van die wêreld.

Laat brand vanjaar die ligte met Earth Hour, soos dié liggies in Kaapstad en teen Tafelberg, vra die WWF. Foto: Jaco Marais

Dit beteken vir elke 1 °C wat temperature wêreldwyd klim, kan Suid-Afrika se temperature met 2 °C styg.

Du Plessis sê die uitwerking van dié groter styging in temperature word reeds in die Noord- en Oos-Kaap beleef, wat deur erge droogtes geteister word.

Hy sê ongeag dié werklikheid beplan die Suid-Afrikaanse regering steeds om in die toekoms steenkool te gebruik vir die opwekking van energie.

Die WWF het in ’n ope brief aan pres. Cyril Ramaphosa ’n pleidooi gelewer om dadelik die verdere beleggings in fossielbrandstowwe te staak en die totale verskuiwing na hernieubare energie te doen met ’n duidelike tydraamwerk van hoe dit gaan gebeur. Die WWF vra mense ook om hul petisie aan Ramaphosa te steun. In die petisie word Ramaphosa gevra om hernieubare energie in te span om die ligte in Suid-Afrika aan te hou.

Mense wat meer wil lees oor die WWF se plan vir Aarde-uur kan hul webwerf www.wwf.org.za/earthhour besoek.

Meer oor:  Eskom  |  Earth Hour  |  Protes  |  Steenkool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.