Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Eende soek water in woonbuurt
Die Vredekloof-dam wat vroeër vandeesmaand waterskenkings ontvang het. Foto: Verskaf

Inwoners van Vredekloof in Brackenfell, Kaapstad, is radeloos oor kolganse en eende wat in die buurt ronddwaal omdat ’n dam opgedroog het.

Van die inwoners gee hulle water. “Daar is ongeveer 20 in my tuin,” sê Lizel Geldenhuys.

Haar ma, Brenda Eksteen, is bekommerd dat katte hulle kan vang.

Eende uit ’n dam in Vredekloof drink water in Lizel Geldenhuys se tuin. Foto: Verskaf

Netwerk24 het vroeër vandeesmaand berig oor ’n waterkrisis by ’n ander dam in Vredekloof.

Toe het eende en ganse ook in die omgewing begin ronddwaal nadat die dam leeg geword het.

Waterskenkings het ingestroom nadat Mike Amira, vir waterskenkings op sy Facebook-blad, The Owl Box Man, gevra het.

Hy sê die watervlak het begin daal, maar dit is nog genoeg om die eende en ganse te huisves. Die verwagte reënval kan ook help.

Inwoners vra dat water geskenk word vir die dam in Peperboomsingel.

Meer oor:  Vredekloof  |  Kaapstad  |  Brackenfell  |  Droogte  |  Dam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.