Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Ekostelsel van SA op rand om in te plof

Suid-Afrika en Australië val onder die sowat 20% lande ter wêreld waarvan die ekostelsels op die rand van ineenstorting is.

Dit hou ook ernstige ekonomiese implikasies vir hulle in.

Dit is die bevinding van die internasionale versekeringsmaatskappy Swiss Re in sy jongste ontleding oor biodiversiteit en die stand van ekostelsels wêreldwyd.

Suid-Afrika en Australië word uitgesonder vir hul kritieke watertekort. Hulle is ook boaan die lys van lande met bedreigde ekostelsels en dreigende ekonomiese stagnasie.

Die bobbejaan wat naby Onder-Sabie in die Krugerwildtuin afgeneem is, lyk kompleet of hy met ’n erge hoofpyn sukkel. Die Krugerwildtuin is een van die belangrikste bewaringsgebiede in die land wat boaan die lys is van lande met bedreigde ekostelsels en dreigende ekonomiese stagnasie. Foto: Willem Smith

In die verslag “Habitat, Water Security and Air Quality”, sê Swiss Re se navorsers alle lande is afhanklik van ’n reeks dienste wat sy ekostelsels verseker. Biodiversiteit en ekostelseldienste (BES) is noodsaaklik vir kosproduksie, watersekerheid en skoon lug. Dit verseker die gesondheid en stabiliteit van gemeenskappe en ekonomieë.

Meer as 55% van die wêreldwye bruto binnelandse produk (BBP), wat op sowat $41,7 triljoen geraam word, is afhanklik van behoorlik funksionerende ekostelsels en biodiversiteit.

“Maar ekostelsels in ’n skrikwekkende 20% van lande wêreldwyd is op die rand van ineenstorting,” lui die verslag.

In die studie word Kenia en Nigerië ook uitgesonder omdat hulle swaar op landbou steun.

Swiss Re sê dit was nodig om dié studie te onderneem om regeringsleiers in te lig oor die noodsaak van omgewingsbewaring vir die opbou en instandhouding van die ekonomie.

Die navorsers beklemtoon die vernietigende invloed wat uitheemse spesies op ekostelsels het en die uitwerking van industriële boerdery waar gifdoders byvoorbeeld gebruik word wat bestuiwers, soos bye, laat uitsterf. Luidens die verslag is 40% van Suid-Afrika se ekostelsels kwesbaar en kan dit in duie stort.

Meer oor:  Omgewing  |  Natuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.