Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Elande help klein fynbos op Kaapse Vlakte weer gedy

Vyf elande met die ongewone name Mike, Gibbs, Uniqua, Berni en Little P kan dalk die redding wees van van die seldsaamste plante op die Kaapse Vlakte.

Die diere is almal “lede” van die Gantouw-projek, ’n poging van die Kaapse stadsraad om natuurlike veld rondom die Prinsesvlei naby Muizenberg te rehabiliteer. Gantouw beteken “pad van die eland”.

Petro Botha, leier van die Gantouw-projek, by vier van die elande. Foto: Kaapstad-metro

Die veld om die vlei is oorgeneem deur ondeurdringbare hardehoutbosse wat – hoewel die meeste inheems is – ’n negatiewe impak het op die ander, kleiner fynbosplante wat vroeër algemeen op die sanderige ooptes van die Kaapse Vlakte was.

Navorsers het die plan gekry om elande, wat 200 jaar gelede algemeen op die Kaapse Vlakte was, na die gebied terug te bring.

Die vyf elande het reeds ’n beduidende impak en hul weidingspatrone het baie bygedra tot die bestuur van digte veld in die Valsbaai-natuurreservaat.

Die diere wei veral op die digte bosplantegroei soos die bosluisbessie of bietou (Osteospermum moniliferum), seeghwarrie (Euclea racemosa) en die olienhout (Olea europaea africana). Veral twee indringerspesies, die Port Jackson (Acacia Saligna) en rooikrans (Acacia cyclops), word goed vasgevat.

Die vingertjie (Manulea tomentosa) wat weer sy opwagting maak nadat die elande die veld ’n bietjie “oopgemaak” het. Foto: Petro Botha

Dit maak plek vir talle kleiner spesies, soos die vingertjie (Manulea tomentosa), ’n kruid wat in die sanderige kusgebied van die Suidwes-Kaap gevind word, sê Petro Botha, die projekbestuurder. Sy doen die navorsing vir Kaapstad se Omgewingsopvoedingstrust (CTEET).

Volgens Botha word die projek gemonitor deur jong mense uit die gemeenskap. Hulle is sedert 2015 by die projek betrokke.

Eddie Andrews, burgemeesterskomiteelid, sê die loodsprojek is in ooreenstemming met die stad se organisatoriese ontwikkeling en transformasieplan om die natuurlike bates vir die nageslag te bewaar en beskerm.

Dit is ook bemoedigend dat veral kinders geleer word van die rol wat elande in die bewaring van die natuur speel.

Meer oor:  Kaapse Vlakte  |  Natuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.