Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Enkele damvlakke in Karoo styg skerp ná goeie reën

Ná goeie reën die afgelope week in dele van die Karoo het sommige damvlakke aansienlik gestyg en twee damme is nou meer as dubbeld so vol as ’n jaar gelede.

Die Wes-Kaap se gemiddelde damvlak het teen Maandag van 69,6% tot 67,8% gedaal in vergelyking met 53,6% in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Die vlak van die Voëlvleidam het die afgelope week van 84,5% tot 82,1%, teenoor 74,6% dié tyd verlede jaar, gedaal. Foto: Samuel Walters

Kaapstad se gemiddelde damvlak het van 89% tot 87% gedaal, teenoor die 71,9% wat dit dié tyd verlede jaar was.

Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, het van 91,5% tot 90%, teenoor 64,4% ’n jaar gelede, gedaal.

Die vlakke van ander damme wat aan Kaapstad water verskaf, is:

• Benede-Steenbrasdam: 81,7% (84,3% verlede week);

• Bo-Steenbrasdam: 66,8% (73,1%);

• Voëlvleidam: 82,1% (84,5%);

• Bergrivierdam: 87,8% (89,9%) met 4,9 mm reën in die voorafgaande sewe dae; en

• Wemmershoekdam: 88% (89,7%) met 11,9 mm reën.

In die noordweste van die provinsie het die Clanwilliamdam se vlak van 70,4% tot 65,9%, teenoor 52,8% ’n jaar gelede, gedaal.

In die Karoo het enkele damvlakke skerp die afgelope week gestyg:

• Floriskraaldam naby Laingsburg: 11,8% (12,1% verlede week) met 3 mm reën die voorafgaande sewe dae;

• Calitzdorpdam: 46,6% (50,1%);

• Leeu-Gamkadam: 6,3% (2,4%) met 1,6 mm reën;

• Oukloofdam naby Prins Albert: 0% (0%);

• Gamkadam naby Beaufort-Wes: 63,7% (42,8%) met 37,2 mm reën;

• Gamkapoortdam naby Prins Albert: 0,2% (0,2%);

• Stompdriftdam naby Oudtshoorn: 18% (8,5%) met 13 mm reën; en

• Kammanassiedam naby Oudtshoorn: 0,0% (0,0%) met 12,4 mm reën.

Die Gamkadam was dié tyd verlede slegs 17,3% vol en die Stompdriftdam 5,6%

In die Suid-Kaap het die meeste van die groot damme op sowat 100% gebly:

• Duivenhoksdam naby Heidelberg: 100% (98,8% verlede week);

• Korentepoortdam naby Riversdal: 100,1% (100,3%) met 3 mm in die voorafgaande sewe dae;

• Wolwedansdam naby Mosselbaai: 63,4% (63,2%) met 2,4 mm reën; en

• Tuinroetedam by George: 100% (100%) met 2,4 mm reën.

damvlakke
Meer oor:  Karoo  |  Damvlakke  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.