Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Enorme skade op plase in VS ná tornado

’n Verwoestende tornado wat dele van die Vrystaat Woensdag getref het, het derduisende rande se skade aangerig.

Dié tornado wat Woensdagmiddag in die Petrusburg-distrik ontstaan en suidwaarts na Bloemfontein beweeg het, het talle plaashuise, -store, bome en gewasse platgevee.

Boetman Marx (62), wat ’n gemengde boerdery in die Petrusburg-distrik bedryf, se stoordak lyk soos ’n “brulpadda” nadat die tornado dit tussen 13:00 en 14:00 getref het.

Al wat oor is van ’n stoor op Boetman Marx se plaas nadat ’n tornado dit getref het.

“Alles is flenters, gebuig en afgeskeur,” sê Marx.

Dit het net-net sy huis gemis, maar ’n witkareeboom van 2 m hoog en twee keer so dik soos Marx se middellyf is plat gewaai, terwyl ’n stoor nou net ’n hoop bakstene is.

Die stoor op Boetman Marx se plaas in die Vrystaat is deur ’n tornado getref.

’n Bloekomboom neffens die huis se takke is afgebreek en vier Eskom-pale is omgewaai.

Marx, wat op die dorp was om te stem toe die tornado die plaas tref, sê volgens sy werkers het dit met reën gepaardgegaan en was alles binne minute verby.

Hy sê sy stoor van 1 000 m² se dak is “m**r toe”, terwyl die sykant van ’n ander stoor se dak weggewaai het en nou iewers op die plaas lê.

Marx sê die omvang van die skade is nog nie vasgestel nie, maar skat dit beloop derduisende rande.

’n Spilpunt van Mike Oertel (69), van die plaas Alex in dieselfde distrik, is beskadig, die muur van ’n stoor is verpletter en twee bome is ontwortel. Die dak van die plaashuis het gelig, maar teruggesak.

Oertel sê dit is voorafgegaan met reën, hael en ’n buitengewone stormsterk wind.

Hy sê ook die skade beloop derduisende rande.

’n Spilpunt op Mike Oertel se plaas is in die tornado omgewaai.
Meer oor:  Bloemfontein  |  Tornado  |  Skade
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.